Optog! Die moeder van alle konserttoere …

kyk uit vir die bus op jou dorp.

Meer as 200 vertonings in 42 dorpe … ’n uiteenlopende produksie-aanbod wat jy nie mag mis wanneer dit by jou dorp aandoen nie.

Die Optog!-bus het in Februarie vertrek en eerste aan die beurt was Stellenbosch en Durbanville waar gehore vermaak is deur Drie van die Bestes en Elvis Blue. Intussen het ander dorpe en kunstenaars aan die beurt gekom en is die toer goed op dreef. Musiek- en teaterliefhebbers kry gereeld die geleentheid om van hul gunstelingkunstenaars op die verhoog te sien.

Die Optog!-inisiatief met Nataniël as die beskermheer, is die grootste enkele konserttoer waarby plaaslike musikante, sangers en akteurs betrokke is en poog om op innoverende wyse weer lewe te blaas in baie van die teaters en sale in Suid-Afrika wat met die jare nie veel meer as stof versamel het nie. So kry gemeenskappe in alle uithoeke van die land en Namibië die geleentheid om hul kultuur te beleef.

So lyk die program:

April:

Afrikaans.com en Optog!

Afrikaans.com is saam op die bus en by elke geleentheid kry jy die kans om ‘n foto van jouself by ons uitstalling te neem en vir mense te vertel hoe #onmisbaar Afrikaans, Afrikaanse musiek en Afrikaanse teater vir jou is.

Gaan kyk by iTickets se webwerf en bespreek vandag nog jou kaartjies vir wanneer die Optog!-bus in jou kontrei stop.

Lees ook:

Optog – die bus het vertrek!

Optog – moenie hierdie bus mis nie!