Nuwe Afrikaanse musiek vir jou Desember-speellysie

Die feesseisoen is hier en dit is ’n tyd van saamwees, ver ry, kuier en ontspan… en daar is darem niks wat so ’n lekker atmosfeer kan skep soos goeie musiek nie. Hier is ’n paar nuwe liedjies om jou bestaande speellys vol bekende treffers mee aan te vul … of jy nou met Jan Tuisbly se karretjie ry of die langpad aandurf.

Henry Wadsworth Longfellow het gesê dat musiek ’n universele taal praat, wat almal kan verstaan. Dit is waar, want ongeag in watter taal lirieke geskryf is, kan die emosie van ’n goeie liedjie die boodskap duidelik maak wanneer dit met jou hart, of dansskoene praat.

Dit beteken egter nie dat musiek in jou eie taal nie ’n spesiale bekoring inhou nie, want uiteindelik leef, lag en kuier jy mos lekkerder in jou moedertaal.

Omdat ons hier by Afrikaans.com juis Afrikaans as taal- en vermaakmedium vier, het ons vir Annelien van Basten gevra om rond te snuffel en ’n lys saam te stel van lekker nuwe musiek wat die laaste paar maande van dié jaar vrygestel is en jy dalk nog nie van weet nie.

Hierdie juwele, in geen spesifieke volgorde nie, sluit wel bekende kunstenaars se musiek in, maar fokus ook op splinternuwe, minder bekende en opkomende skatte … wat ’n aanwins kan wees vir jou bestaande speellysie van algemeen bekende musiek.

Jak de Priester ft. ADAM– Sally Williams Nougat
Demi-Lee MooreMis Eet Slaap Herhaal
Early B ft. Jack Parow & Justin VegaPotte
Len MullerMense Mense
Samantha Leonard’n Duisend Keuses
HeuningDie Lied Wat Skree
Robbie WesselsBobjan
SnotkopSouserig
Elvis BlueSpring
Dewald WasserfallNuwe Begin
4 WerkeHart
Tarryn LambMal oor Jou
Brendan PeyperKlim jou Everest
Franja du PlessisLag tot jy huil
ElandréHonderd Duisend Maal
Jan BlohmWinternag
Willem BothaSwartskaap
AppelJagter
SUNELHart op Jou Mou
Dawie de Jager ft. Janie BayStroomop My Mens
Michael BlignautNaglig
Almero WelgemoedMaandagoggend
MariskaVersekerseker
LeahEk Mag Jou Mis
Jauni MNiemand Anders
2nd LifeWie Ek is
SharoneyCrush
FatmanDorp Toe
Adam Tas en StellaEk is Ryk
Caroline GraceEindelose Liefde
AmpieSit die Radio Aan
Xander JoubertBlus My
Elvis se SeunGestuur van Bo
Geraldine ScholtzIemand
Taye BrinkWat As
ADAMHaar Vuur
Sky OceanSpore van My Hart
VeronaSterker
Valeska MullerVerdwaal Saam Met Jou
Leon GroppJy In My Gedagtes
DouvoordagDie Avontuur
Martin BesterVir Die Liefde
Stephantasties ft. MwahMoenie Ophou
SterreJonk in Afrikaans
EONLigjare
StraatligkindersVerdwyn
André SchwartzTweede Kans
Ivan RouxDaai Ding
Francois Deysel Sterrekaart
Johnnie TakbokSkoffel
Victor BravoBreakway Line

Almal van ons het daardie gewilde treffers, oud en nuut, deur bekende sangers op ons speellysies en pas dit daagliks aan, soos wat dit op die radio-treffersparades verskyn en ons vriende ons daarvan vertel.

Maar dit kan egter maak dat jy gedurende die vakansie, wanneer jy baie tyd op hande het, of miskien lang motorritte moet onderneem, jy verveeld of moeg raak vir alles wat gewild is … juis omdat dit op die radio ook gaan speel.

So maak seker dat jy ’n nuwe verskeidenheid Afrikaanse musiek byvoeg, sodat elke oomblik van jou vakansie opwindend kan wees.

Wie weet, dalk vind jy jou nuwe gunsteling wat vir jare hierna nog op jou lysie gaan bly, juis in hierdie versameling!