fbpx

So sterk soos ‘n Vrou – Dewald Wasserfall

Dewald Wasserfall se splinternuwe enkelsnit, So sterk soos ‘n Vrou, is pas aangewys as die temalied van Helpende Hand se FroueVonds. Hierdie liedjie is ook gepas vir Vrouemaand en vier ons saam met Dewald vroue se krag en die waarde wat hulle elke dag, op elke vlak van die lewe toevoeg. Kyk ook hier na die Vroue vir Afrikaans – besondere mense wat in en deur Afrikaans ‘n verskil maak. Ons stel elke Dinsdag gedurende Augustus een aan jou voor.

Dewald Wasserfall – So sterk soos ‘n Vrou

064 652 6873

JOU Afrikaans tel oral en altyd. Vertel ons met die hutsmerk #jouafrikaanstel waar, wanneer of waarom jou Afrikaans tel. Met ons nuutste veldtog bevestig ons dat jy nooit jou taal hoef prys te gee nie, dat Afrikaans oor globale grense strek en dat ons die verskeidenheid in Afrikaans vier. Kyk hier na die veldtog-video’s en neem deel. Onthou om jou naam, van en van watter geweste jy is, by te voeg.