Kyk video’s – Aardklop 2018: Kunstenaars en feesgangers vertel …

Vanjaar het Aardklop wat verlede jaar weggestap het met die kroon vir fees van die jaar, weereens bewys waarom!  Afrikaans.com kon die fees meemaak en net soos ons taal is Aardklop #onmisbaar vir Afrikaans.

Ongeveer 45 000 mense het die feesterrein besoek en Aardklop spog met ’n In totaal van meer as  70 000 besoekers aan die fees. Daar was 85 produksies op die planke. Dit sluit nie eers die boek- en diskoersgesprekke, visuele kuns, oop verhoë op die terrein en die stand-up-komedievertonings in nie! Meer as 30 debuutproduksies het die lig gesien en 450 kunstenaars het hul buiging gemaak.

“Goeie teater verander ons. Dit maak ons oë wyer oop, dit laat ons meer hoor, dit laat ons dieper voel. Na hierdie Aardklop-week, van grootse teater en selfs groter diepte voel ons verander, verbeter, verryk. Geluk aan al die kunsmakers, teatermakers en vermakers!” – Mareli Stolp, sameroeper van Aardklop-paneel.

Kunstenaars en feesgangers gee ons hier ‘n kykie op hul belewing van die fees. Waarom is hulle daar? Wat maak dit so spesiaal? Wat is die waarde van so ’n fees op kulturele- en ekonomiese en opvoedkundige vlak?

Verlustig jouself in hierdie heerlike bydraes deur ons Afrikaans.com-span, Clara Olivier en Daniëlle Laufs, wat nounog nie uigepraat raak oor die innovasie, die inspirasie en die pret voor en agter-die-skerms nie.

Schalk Bezuidenhout en Erns Grundling gesels oor hul boek: Truitjie Roer My Nie

Musikale spookstories – Spoke, diewe en digters. Die verlede spook by ons almal …’n dwaalgees wat in stilte sy hande na ons uitsteek … Ronel Kellerman se visuele kunswerke wat bekende liedjieskrywers uitbeeld vervleg musiek en skilderkuns op ’n unieke wyse. Sy vertel …

Francois Henning oftewel Snotkop, rinkink nie net op die verhoog nie, maar ook in sy uiteenlopende gehoor se harte. Hoor hoe gesels hy oor sy liefde vir Afrikaans, sy passie vir die lewe en die musiek wat hy maak.

Jong stemme – Kayla van der Linde en Anicha Engelbrecht vertel waarom dit ‘kook’ by Aardklop 2018.

Nadia Valvekens is vanjaar aangewys as beste aktrise Aardklop 2018 vir haar rol in Huishou. Sy is in volle vaart terug op die verhoog na jare op die kassie …

Die borrelende Delmari van Zyl, Aardklop se koördineerder borge, media en bemarking drink uit die Afrikaanse fontein vir inspirasie … die sukses van ’n fees gaan definitief oor dit wat op die verhoë gebeur, maar die mense agter-die-skerms trek die wa deur die drif. Sy vertel …

Die beste Algehele Aanbieding by Aardklop 2018 kom uit die pen van Christo Davids. My Seuns het ook die toekenning gekry as debuutproduksie wat die Toekenning vir Grensverskuiwende werk inpalm. Sy oupa was Goliath Davids, legendariese akteur en hy vertel hoe sy oupa se woorde hom tot vandag nog inspireer.

Annelien Pienaar, ambassadeur vir Afrikaans en skrywer van Boerekos Met ’n Twist kook in Afrikaans! Luister hier … sy deel die geheime van koekies bak en gee haar belangrikste bestandeel ’n naam … Afrikaans!

Aardklop skep n platform vir plaaslike kunstenaars. Kyk hier wat dit vir hulle beteken:

Die wenners …

Die wenners van die Aardklop-toekennings is op 5 Oktober by ’n toekenningsfunksie by Mooi Galery in Potchefstroom bekendgemaak. Klik hier om te sien wie is met die beeldjie in die hand huis toe.

Wie was almal daar?