Kunstenaarsfokus: Ivan Roux

Niks kom vir Ivan Roux verniet nie.  “Dis harde werk”, sê Ivan Roux in ’n onlangse onderhoud met Afrikaans.com.

Pieter Cloete gesels met Ivan

Hy sê sy beste raad aan opkomende kunstenaars is om nie op te hou droom en hard te werk nie.

“… bly sing in kroeë en tree by private funksies op. Dit is ’n sirkel wat draai … en sukses sal kom!”

Sy eie sangloopbaan spreek hiervan. Na sy sukses met die televisierealiteitsprogram, Die Kontrak, wil Ivan harder as ooit werk. Hy wil nie ’n ‘one hit wonder’ wees nie. Sy uithouvermoë en passie het uiteindelik dividende betaal toe hy vanjaar die Ghoema vir Nuweling van die Jaar gewen het.

Ivan Roux – Daai ding-musiekvideo

Volg Ivan op sosiale media:

https://www.facebook.com/IvanRouxSA/