Decibel Musiek was ’n roeping

Die groot geeste van Afrikaanse musiek kon onlangs saam onthou!

Boet Pretorius

Danie Botha, Leon Schuster, Rina en Gé, Carike, Anneli van Rooyen …  en so kan mens verby jou vingers tel … almal deel van die Decibel Musiekfamilie.

Op Saterdag, 9 Maart 2019, het Decibel Musiek heerlik reünie gehou. Die geleentheid is deur Lydia Winchester gereël en die eregas was niemand anders nie as Boet Pretorius. Dié geleentheid het weer van Suid-Afrika se groot geeste in die Afrikaanse musiekbedryf byeengebring. Mense soos onder andere Anneli van Rooyen, Carike Keuzenkamp, André Schwartz, Danie Botha, Rina Hugo, Johan Stemmet, Gert van Tonder en Philip Kotzé wat onder die Decibel-vaandel geteken was, was daar. Ander bekendes wat ook deel was van die feesvieringe was Manie Jackson, Lance James, Candy Benson, Jennifer Zamudio en Martin Lane.

Boet Pretorius het Decibel Musiek in 1981 begin nadat hy by EMI bedank het. Sy vennote was André Viljoen en Retief van Rooyen. Gedurende Decibel Musiek se bestaan was Boet verantwoordelik vir bykans 130 goue en 15 platinum plate. Decibel Musiek is in 2000 deur EMI gekoop.

In 2007 is Boet Pretorius ook met ’n Sama-toekenning vir sy lewenslange bydrae tot plaaslike musiek vereer.

Pieter Cloete het met ’n paar van die groot geeste wat deel was van die Decibel Musiekfamilie gesels:

In 2018 het afrikaans.com by Boet Pretorius gaan inloer. Lees meer oor Boet hier.

Sy produksies was legendaries. Boet gesels met Afrikaans.com.