AfrisaamFees 2019:

Kom dans en staan saam in Afrikaans

Die vyfde AfrisaamFees vind op Saterdag, 8 Junie 2019, op die sportterrein  van die Springs Tegniese Hoërskool plaas. Die fees word gekenmerk deur van die beste in Afrikaanse musiek en feesgangers kan uitsien na vertonings deur onder andere Steve Hofmeyr, Dirk van der Westhuizen, Juan Boucher, Bobby van Jaarsveld, Arno Jordaan, Ivan Roux en Demi Lee Moore.

Daar is heerlike feeskos en hope vermaak vir oud en jonk op die program en terwyl Ma en Pa die musiek geniet, is daar ’n veilige kindertuin waar die kinders die dag kan spandeer.

Die AfrisaamFees bied ’n platform vir Afrikaans waar alle Afrikaanse kunstenaars welkom is.

“Dis ’n platform om ons herkoms en identiteit te vier en ’n uitstekende manier om weer lewe in die dorp te blaas.” – Lianné Barnard, organiseerder

Benewens die musiek en ander feestelikhede kan feesgangers kies en keur uit die sowat 50 stalletjies – van eet- en drinkgoed tot handgemaakte produkte. Sê Lianné: “Ons hoofdoel is om mense wat van hul eie handewerk afhanklik is vir ’n inkomste, ’n platform te gee om te verkoop.”

Kaartjies vir die fees kos R180 vir volwassenes en hoërskoolleerders, terwyl laerskool- en voorskoolse kinders gratis toegang kry.

Klik hier vir meer inligting, stuur ’n e-pos aan kaartjies@afrisaamfees.co.za of skakel 076 928 6921.