Adam Small-fees 2019: 22 – 24 Februarie

Klik hier vir die volledige program.

Die Adam Small-fees in Pniël vind weer vanjaar vanaf 22 tot 24 Februarie plaas. Hierdie fees is ’n viering van Adam Small se nalatenskap … en die program lees vanjaar soos ’n liefdesbrief vir Afrikaans.  Die program is propvol boeke, skrywers, storievertellers, meningsvormers en musiekmakers.

Die fees vier sy lewe en werk en gee ’n stem aan elkeen op wie sy nalatenskap ’n indruk laat. Hy het Afrikaans bemagtig, bevorder en beskerm en Suid-Afrika en die Afrikaanse letterkunde is, na sy dood in 2016, armer. Hierdie fees is een van die blinkste skate in ons feesskatkamer.

Adam Small

Hy was ‘n voorloper van ’n hele generasie Afrikaanse digters en iemand wat in sy leeftyd ’n belangrike bydrae gelewer het om ’n bewustheid te kweek van die wel en wee van die onderdruktes en die werkersklasgemeenskap waarin hy geleef en gewerk het. Hy het dikwels satire gebruik om die onhoudbaarheid van die destydse stelsel uit te wys. Ons moes op 25 Junie 2016 afskeid neem van prof. Small – klein van gestalte maar ’n reus onder sy tydgenote en in die geskiedenis van die land en die Afrikaanse letterkunde.

Small kon identifiseer met die karakters waaroor hy geskryf het en dit vind uiting in sy gebruik van Kaaps – ‘n variant van Afrikaans met ’n negatiewe stigma – ’n stigma wat hy deur sy gebruik daarvan ongedaan gemaak het. Nooit meer sou enige een kon beweer dat Kaaps ’n mindere taalvariant was nie, want Small het gewys dat hierdie variant hoër funksies kon omarm op dieselfde wyse as die sogenaamde Standaardafrikaans.

Waarna kan jy uitsien?

Rita Gilfillan speel met die krag van woorde … sy gesels oor haar nuutste kortverhaalbundel, Wanneer die Bloekoms Dans, Lynthia Julius gesels oor die drama, Orange Earth, wat nou ook in Afrikaans gedruk word. Hierdie werk word beskou as een van Adam Small se mees intieme litirêre werke en vra wat presies is in gedrang wanneer dit kom by taal, godsdiens en ons land. Michael le Cordeur gaan gesels oor die Kaapse Klopse  Kirby van der Merwe, Gaireayah Fredericks, Howard Feldman en Peter Braaff is ook gedurende die fees aan die woord.

Vanjaar word die gedenklesing, Saterdag, 23 Februarie, deur Thuli Madonsela behartig. Nog belangrike sprekers is Marlene le Roux wat die op Sondag, 24 Februarie sal gesels oor Hoop, ook ‘n nalatenskap van Adam Small. Dianna Ferrus en joernalis/skrywer Julian Jansen maak ook ‘n buiging.

Volledige program

Die volledige program sal is volgende week sal Dinsdag, 12 Februarie op Afrikaans.com beskikbaar wees,

Hierdie fees is ter ere van Adam Small.

Thuli Madonsela

Michael le Cordeur

Marlene le Roux

Kirby van der Merwe

Rita Gilfillan

Adam Small – die dokumentêr: “Ek hoor die Vryheid sing”

Vir meer inligting:

Kontak Darryl David direk in verband met praktiese vrae en reëlings. Darryl se e-pos: Davidd@ukzn.ac.za

Lees ook:

  • Adam Small was ’n ware ambassadeur vir Afrikaans en het van dag tot dag in Afrikaans geleef. Kort voor sy dood het hy steeds geskryf en getik – “altyd met net sy twee middelvingers”. Sy kinders beskryf hom as ’n besonderse mens en dit blyk duidelik uit die woorde van sy seun, Peter-John: “Hy het my geleer om te huil.” Prof. Small word oorleef deur sy twee seuns uit sy eerste huwelik, John en Leon, sy vrou Rosalie en hul kinders Peter-John en Zaidee asook agt kleinkinders. Prof.Small was ’n Beskermheer vir Afrikaans.com. Lees sy profiel hier.
  • Erika Terblanche vier hier prof Smallse lewe, bydrae en werk.
  • ’n Roos vir prof. Adam. Lees meer …
  • Ons eer prof. Small se nagedagtenis. Klik hier …