fbpx

2019 deur ’n lens – die groot oomblikke

2019 was op alle terreine ’n besige jaar in die Afrikaanse leefwêreld! Daar is gekuier, gelag en gegons in ons taal en Afrikaans.com was daar om van dié groot oomblikke deur die lens vas te vang. Ons gee jou ’n kykie na van die mooiste foto-oomblikke van die jaar.

1.  Afrikaans strek oor grense!

Afrikaans.com het vanjaar behoorlik die tonge laat klap met ons nuutste veldtog-video’s. Hier is ’n glimlag-oomblik uit een van ons veldtog-video’s,  “Buitelandse vakansie”. Dié advertensie is ook genomineer vir ’n Pendoring-toekenning in die kategorie Film- en aanlyn advertensies. Gaan loer gerus na al drie die veldtog-video’s, hier

2. Die FAK word 90!

Die FAK se 90-jaar vieringe het in Februarie plaasgevind en Afrikaans.com was daar om dié groot mylpaal saam met hulle te vier. Die nuwe NJ van der Merwe-beeld is ook gedurende die spesiale geleentheid in die Liedjietuin onthul.

Jacques Muller (beeldhouer) en Danie Langner (besturende direkteur van die FAK) langs die NJ van der Merwe-beeld.

Jak de Priester en sy seuntjie het ook die geleentheid saam kom geniet.

3. Lag in jou taal!

Hierdie jaar het Afrikaans.com behoorlik die lagspiere gerek met Nicolette van Schalkwyk se maandelikse blog. Vir meer van haar blogs, klik hier

4. Afrikaans.com verf die Wes-Kaap bont

Afrikaans.com het vanjaar met ’n kwas in die hand talle Wes-Kaapse skole opgehelder. Met die Afrikaans.com-muurkunsprojek poog ons om deur kleurvolle muurskilderye wat binne die gemeenskap se konteks verstaan word, die lekker en positiewe van Afrikaans in skoolverband uit te lig. Kyk hier na al die mure wat in 2019 geverf is.

5. Tinteltong-toekennings

Elke jaar word die room van die Afrikaanse besigheidswêreld vereer vir hul besonderse bydrae tot die taal. ’n Paar van Afrikaans.com se ambassadeurs het ook weggestap met ’n prys of twee. Ambassadeurs Rianca se Wet en Johan Jansen van Vuuren het die toekenning ontvang vir Beste Nuweling vir hul aanlyn klerewinkel Klerekas.com. Lees meer hier 

6. Die stemme van ons jeug

Afrikaans.com het in Juniemaand die kollig geplaas op die jeug en gaan inloer by vier jong Afrikaanssprekendes wat hul stemme laat hoor in die Afrikaanse leefwêreld. Klik hier

Jessie George was een van Afrikaans.com se jeugmaandfokusse.

7. Vroue wat ’n verskil maak

Augustus was Vrouemaand en Afrikaans.com het gaan aanklop by ’n paar vroue wat werk, lag en leef in hul taal. Arlene Wehr, die eerste vrou wat die posisie beklee as die brandweer se operasionele hoof van die Stad Kaapstad se westelike distrik, was een van hierdie verskilmakers. Lees hier meer oor die besonderse werk wat sy doen.

Arlene Wehr wil veral jong vroue inspireer.

8. kykNET word 20!

Die grootste Afrikaanse kanaal in Suid-Afrika is amper mondig en Afrikaans.com was daar om dit te vier. Ons het met ’n paar bekendes op die bloutapyt gesels oor kykNET se 20ste bestaansjaar, die werk wat hulle in Afrikaans doen en wat die toekoms vir die kanaal inhou.

André Schwartz, Leah en Willem Botha op die bloutapyt by kykNET se 20-jaar vieringe.

2019 was ’n bedrywige jaar waarin ons die geleentheid gegun is om van die mooiste Afrikaanse oomblikke te kiek. Volgende jaar maak ons weer so! Ons sien uit daarna om in 2020 weer agter die kamera in te skuif en die grootste gebeure in Afrikaans vas te vang.

Vir meer oor van die ander hoogtepunte op die Afrikaanse kalender in 2019, klik hier

064 652 6873

JOU Afrikaans tel oral en altyd. Vertel ons met die hutsmerk #jouafrikaanstel waar, wanneer of waarom jou Afrikaans tel. Met ons nuutste veldtog bevestig ons dat jy nooit jou taal hoef prys te gee nie, dat Afrikaans oor globale grense strek en dat ons die verskeidenheid in Afrikaans vier. Kyk hier na die veldtog-video’s en neem deel. Onthou om jou naam, van en van watter geweste jy is, by te voeg.