Ons nooi alle laerskoolleerders uit om deel te neem aan LAPA / Penguin Random House en die hoofborg Afrikaans.com se Tippie Rympiekompetisie! Jy en jou skool kan ongelooflike pryse wen, en jy staan die kans om moontlik gepubliseer te word.

Hoe werk dit?
Die kompetisie sluit op 13 September 2022 om 24:00. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.
Die 20 beste rympies sal op LAPA, Afrikaans.com, Klaskameraad en Curious Readers se sosialemediabladsye gepubliseer word.
Indien die standaard van die inskrywings na wense is, kan ‘n rympieboek met die weninskrywings moontlik deur LAPA gepubliseer word.
Die totale prysgeld beloop R20 000 en word aan die drie skole met die meeste inskrywings asook die drie leerders met die beste rympies toegestaan.
Stuur gerus vir ons rympies met die volgende temas:
Wiskunderympies
Getalbegrip 1 – 20 / Meer en minder / Optel en aftrek / Maal en deel / Verdubbel en halveer /Vorms
Klanke en letters
Rympies oor klanke en lettervorming / Oorspronklike, moderne alfabetrympies / Fokus op vokale – a, e, i, o, u en y / Rympies vir dubbel-, twee-, en drieklanke.
Diererympies
Enige rympies oor diere
Pryse
- R6000 vir die skool met die meeste inskrywings
- R4000 vir die skool met die tweede meeste inskrywings
- R2000 vir die skool met die derde meeste inskrywings
- R4000 vir die wenner
- R2500 vir die naaswenner
- R1500 vir die derdeplek-pryswenner
Tippie-boeke en -poppe sal aan die beoordelaars se gunstelinge geskenk word.