Broodpoeding – ware winter trooskos
Skrywer: Karla Janse van Vuuren Wanneer ek vir mense vertel ek bak deesdae my eie brood, is die reaksie gewoonlik, “oe, lekker!”, en hulle swymel behoorlik as ek ook noem dat ek dekadente broodpoeding daarmee maak. Brood-bak – ek is seker Afrikaans.com se lesers sal saamstem dat daar niks so bevredigend is om iets so…










