Onderwysers kan R20 000 WEN …

… deur die Wikipedia-biblioteek te help uitbrei

Ons almal kan deel wees van die Wikipedia-projek, maar onderwysers word spesiaal uitgenooi om die nuttige hulpbron te help uitbrei. Die onderwyser wat hand aan die ploeg slaan en die meeste artikels bydra, staan ’n kans om R20 000 te WEN! Onderwysers wat tussen 4 Desember 2018 en 31 Maart 2019 deelneem, kom in aanmerking vir hierdie lekker kontantprys!

Maroela Media wil deur hierdie prys onderwysers aanspoor om soveel artikels moontlik beskikbaar te maak en sodoende deur hul kundigheid en ervaring, belangrike inligting daar te stel as nalatenskap vir ons kinders. Hierdie inhoud kan veral ’n nuttige hulpbron wees wat leerders kan help met skooltake. Lees meer hier.

Enigeen kan deel wees van die Wikipedia-projek

Wees deel van die Afrikaanse Wikipedia-span

In ’n wêreld met ’n magdom kennis raak ons almal al meer afhanklik van die internet as inligtingsbron. Dit is ’n ewige gesif en vertaling, maar die Afrikaanse Wikipedia bied ’n uitstekende oplossing.

Deel jou kennis

Ons suig egter nog aan die agterspeen wanneer dit kom by die hoeveelheid Afrikaanse artikels wat reeds beskikbaar is. Daarom is dit belangrik dat meer mense ’n bydrae sal lewer. Word deel van die Afrikaanse Wikipedia-span, deel jou kennis en lewer so jou bydrae om die Afrikaanse digitale biblioteek uit te brei en ’n betroubare inligtingsbron vir jou nageslag daar te stel.

Maroela Media se video wys jou presies hoe maklik dit is om ’n artikel op te laai. Registreer vandag nog!

Lees meer oor die projek hier.