Wat’s in ’n naam? Afrikaanse handelsnaamkompetisie

Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is op soek na die treffendste Afrikaanse handelsnaam en het so pas ‘n kompetisie geloods.

Almal is welkom om deel te neem, solank die naam wat ingeskryf word vir R100 geborg of vir R5 000 gekoop word in die WAT se Borg ‘n Woord-projek.

Een van die eerste inskrywings is SKEP, die naam van ‘n argiteksfirma in Stellenbosch. Ander vroeë inskrywings is Knus Karoo Restaurant in die Paarl en Platsak, ‘n vulstasie en winkel in Witrivier.

So n bietjie inspirasie

Hier verskyn die personeel van SKEP,  Frederik Lötter, Geraldine Heyns-Lötter, Carla Gerber, Zeni Williams-Jones en Christi du Plessis saam met dr. Willem Botha, uitvoerende direkteur van die WAT.

Om deel te neem

“Ons moedig almal ook aan om vir ons treffende Afrikaanse handelsname in te stuur sodat ons die eienaars kan nooi om deel te neem aan die kompetisie. Hou dus jou oë oop vir treffende name!” – Dr. Willem Botha, uitvoerende direkteur van die WAT.

Besoek  www.wat.co.za om deel te neem aan Borg ‘n Woord en skakel  dan 021 8873113 of stuur ‘n e-pos aan wfb@sun.ac.za om die naam van jou onderneming in te skryf vir die Afrikaanse handelsnaamkompetisie. Indien jy reeds jou onderneming se naam geborg of gekoop het, skryf asseblief sommer dadelik in vir die kompetisie.

Die wenner sal by ‘n Woordpret-geleentheid van die WAT aangekondig word en sal ook ‘n spesiaal ontwerpte sertifikaat van die WAT ontvang.

Neem ’n prettige foto wat jou wese uitbeeld en deel dit op sosiale media met die hutsmerk #onmisbaar of stuur vir ons ’n WhatsApp-foto of -stemboodskap by 064-652-6873. Onthou om jou naam en van waar jy is, by te voeg.

JOU taal maak dit vir jou moontlik om te wees wie jy is. Neem sommer self ‘n foto of stuur daardie stemboodskap. Jy hoef nie ‘n toespraak voor te berei nie – net ‘n sin of twee, jou naam en watter geweste jy is.

Koester jou hartstaal!