Tinteltong-toekennings vier Afrikaans in styl

Rianca de Wet en Johan Jansen van Vuuren van Klerekas.com met hul Tinteltong-toekenning vir beste nuweling.

Tinteltong-toekenning.

Vermaak deur ADAM.

Vanjaar se Tinteltong-toekennings was weereens ’n hoogtepunt op die Afrikaanse kalender! Wat ’n beter manier om Internasionale Moedertaaldag te vier as om erkenning te gee aan sakeondernemings vir hul bydrae tot die Afrikaanse taal.

Sowat 11 Afrikaanse ondernemings is tydens die geleentheid deur AfriVriendelik bekroon vir die besonderse en kreatiewe wyse waarop hul met die taal van hul hart omgaan.

Dié glansgeleentheid is vanjaar by die pragtige Moonshot Café in Menlyn gehou. Die Afrikaanse popgroep Adam, het gesorg vir groot vermaak terwyl die Binnelanders-duo Germandt Geldenhuys en Je-ani Swiegelaar as gassprekers die gehoor op hul tone gehou het.

Die idee vir die Tinteltong-toekennings het reeds in 2016 saad geskiet, toe AfriForum vasgestel het dat 30% van die Suid-Afrikaanse mark Afrikaans is. Hul hoop is dat toekennings soos dié, ander maatskappye sal aanmoedig om ook sake in Afrikaans te doen.

Die wenners van die onderskeie toekennings is as volg:

Oulikste Afrikaanse naam: Bril

Mooiste logo: The Wooden Spoon

Smullekker Afrikaanse kos: Boervrou Deli

Oulikste produk: Jana Nel Design

Beste gebruik van sosiale media: Bril

Uitgewer wat Afrikaans bevorder: LAPA Uitgewers

Skaterlag uit jou maag: Korrelkou

Foto’s wat Afrikaans praat: Rina Lombard

Diens van hoë gehalte: Ai-Ai Event Styling

Oulikste e-kopie: Lieflappies

Fraaiste produk of diens wat op kinders gemik is: Poppie Lief

Beste Nuweling: Klerekas.com

Het jy die aand saam met ons geniet? Besoek gerus ons Facebook-blad en “tag” jouself in die pragtige foto’s.