Stem vir jou gunstelingnuutskepping

Vir tien dae in Maart verander die universiteitsdorp van Stellenbosch in die Wes-Kaapse wynlande in ’n warrelwind van energie en kreatiwiteit wanneer kunstenaars, gehore en die gemeenskap mekaar vind in ’n vreugdevolle viering van teater, musiek, kuns, dans, diskoers, films en poësie. Dit is ook tyd vir die jaarlikse WAT-nuutskeppingskompetisie saam met Monitor op RSG, die ATKV en die US Woordfees.