Ontmoet die ATKV se nuwe besturende direkteur

Die ATKV het op 8 November 2018 bekend gemaak dat me. Sonél Brits die nuwe besturende direkteur van die ATKV-MSW (maatskappy sonder winsoogmerk) is.

Sonél is reeds vanaf 2010 die maatskappysekretaris van die ATKV en het vanaf Mei 2018 as besturende direkteur waargeneem.

Benewens die verwerwing van haar LLB-graad in 1998 aan die destydse RAU, beskik sy ook oor ’n BCom-graad in regte.

“Die ATKV se direksie het volle vertroue in Sonél se vermoë om die ATKV te posisioneer as die voorkeur taal-en kultuurorganisasie vir almal vir wie Afrikaans na aan die hart lê, nasionaal en internasionaal.  Ons is van mening dat Sonél die nodige standvastigheid en positiewe dinamika in die organisasie teweeg sal bring.” – Me. Bridgitte Mathews, die voorsitter van die ATKV-MSW-direksie.

Afrikaans.com het met haar gesels …