’n Boek oor Afrika-literatuur in Nederlands

 “Afrika is nie net die wieg van die mensdom nie, maar ook van pragtige literatuur. Benewens die antieke geskrifte, byvoorbeeld in Ethiopië, Noord-Afrika en die Swahilistreek, is die vasteland ryk aan ’n verskeidenheid mondelinge genres, van mite tot spreekwoord, van liefdesgedigte tot epe en teater. “ – uittreksel van opsomming oor die boek op AUP-webtuiste

Die bygewerkte weergawe van die boek, Afrikaanse letterkunde. Tradities, genres, auteurs en ontwikkelingen, word op 13 Mei 2019 bekendgestel. “ Afrika se literatuur het verrassende perspektiewe en ontwikkelings, wat ook hul weg vind in nuwe media, waar geëksperimenteer word met ’n rykdom van literêre vorme. Ou en nuwe tradisies, genres, outeurs en ontwikkelings word wyd in Afrika-letterkunde bespreek.”

Die belangrike boek is tot dusver die enigste handboek van Afrika-literatuur in Nederlands en word in ’n splinternuwe uitgawe deur Amsterdam University Press uitgegee.  Mineke Schipper het die boek oorspronklik in 1983 gepubliseer, waarna ’n bygewerkte weergawe in 1990 vrygestel is.

Die nuwe uitgawe is geskryf deur Mineke Schipper, Daniela Merolla en Inge Brinkman.

Wat om te verwag:

Die nuwe uitgawe sluit nuwe ontwikkelings in Afrika-literatuur oor die afgelope 25 jaar in asook meer inligting oor literatuur in Afrikatale. Dit ondersoek ook die literêre verbintenisse tussen Afrika suid van die Sahara en Noord-Afrika.

Mineke Schipper is em. Hoogleraar Interkulturele literatuurwetenskap by die Universiteit van Leiden.
(Foto: Wikipedia)

Daniela Merolla is hoogleraar Berberliteratuur en -kuns by die “Institut National des Langues et Civilisations Orientales” by die Sorbonne in Parys.

Inge Brinkman is professor in Afrikastudies by die Universiteit van Gent.

Bron:

Voertaal-webtuiste.

Kyk ook op Amsterdam University Press se webtuiste vir ’n kort opsomming in Nederlands.