Het jy geweet daar brand ‘n vlam vir Afrikaans?

Dr. Mimi Coertse tydens die aansteek van die Vlam vir Afrikaans in 2016. (Foto’s: Vlam vir Afrikaans se webwerf.)

Alle Afrikaanssprekendes en belangstellendes word genooi om ’n groeteboodskap aan Afrikaans by “Vlam vir Afrikaans” by die Voortrekkermonument in Pretoria te stuur. Jy kan jou boodskap op ’n briefhoof plaas en “Vlam vir Afrikaans” sal dit in die boodskaplêer langs die vlamstaander plaas waar besoekers dit dan ook kan lees.

Besoek die webwerf “Vlam vir Afrikaans” hier  en lees hoe jy moet maak om jou boodskap te stuur. Of e-pos Sakkie Kotze by jakotze@mweb.co.za vir meer inligting.

Kyk ook hier na die ATKV Centurion-webwerf:

Meer oor die “Vlam vir Afrikaans”

Die “Vlam vir Afrikaans” is ’n inisiatief van die ATKV Centurion en is op 8 Mei 2016 deur dr. Mimi Coertse in die Senotaafsaal van die Voortrekkermonument aangesteek. Die vlam brand sedertdien permanent daar. Besoekers word genooi om die boodskappe in die lêer langs die vlamstaander te lees.