Gent 2018: Internasionale brandpunt van Afrikaans

Die afgelope vyf jaar al, gewoonlik in Oktober, bied die Gentse Sentrum vir Afrikaans en die Studie van Suid-Afrika, in die mooie Gent, in België, ’n kollokwium aan oor Afrikaans. Vanjaar se lesings en gesprekke het van 4 tot 6 Oktober plaasgevind.