Die grootste aanlyn wiskundekompetisie vir graad 10- tot 12-leerders in Afrikaans!

Die kompetisie word deur die dagblaaie, Die Burger, Beeld en Volksblad in samewerking met Netwerk24, aangebied en daar is bykans R150 000 aan prysgeld op die spel. Maar opskud! Registrasie sluit op Woensdag, 2 Mei 2018 en die uitdunronde vind reeds op Vrydag, 4 Mei 2018 aanlyn (op die rekenaar by jou skool) plaas.

Hoe om in te skryf:

  • Vra jou wiskunde-onnie om jou vandag nog by cumlaudemedia.com te registreer.
  • Klik op die wiskundekompetisie-banier en volg die stappe.
  • Inskrywings is gratis.

Finaliste:

  • Sestig finaliste (20 per streek) sal na die finaal op Saterdag, 28 Julie, by onderskeidelik Curro Durbanville (Wes-Kaap), Hoërskool Florida (Gauteng) en Hoërskool Sentraal (Vrystaat) genooi word.
  • Elke finalis wat die finale ronde bywoon, ontvang R1 000 as aanmoedigingsprys.
  • Vraestelle is slegs in Afrikaans.

Groot prysgeld op die spel:

 Eerste plek: R20 000 (en R20 000 vir jou skool).

Tweede plek: R15 000 (en R15 000 vir jou skool).

Derde plek: R10 000 (en R10 000 vir jou skool).

Vir navrae stuur ‘n e-pos na wiskunde@cumlaudemedia.com

Leerlinge by Curro-Hoërskool, Durbanville – foto: Netwerk24

Neem ’n prettige foto wat jou wese uitbeeld en deel dit op sosiale media met die hutsmerk #onmisbaar of stuur vir ons ’n WhatsApp-foto of -stemboodskap by 064-652-6873. Onthou om jou naam en van waar jy is, by te voeg.

JOU taal maak dit vir jou moontlik om te wees wie jy is. Neem sommer self ‘n foto of stuur daardie stemboodskap. Jy hoef nie ‘n toespraak voor te berei nie – net ‘n sin of twee, jou naam en watter geweste jy is.

Koester jou hartstaal!