Barakat:

Splinternuwe Afrikaanse inbelprogram op die lug

Bo-Kaap straattoneel (Foto: Netwerk24)

“Bayang tramakassie!” – Baie dankie!

Die Afrikaanse Taalraad (ATR) en Radio 786 het begin Maart ’n nuwe Afrikaanse inbelprogram, Barakat, op hierdie andersins Engelse radiostasie geloods. Luisteraars kan elke eerste Sondag van die maand tussen 17:00 en 18:00 inskakel op hierdie inligting-en-klets-program. Die skakel is: https://radiosa.org/786-cape-town/

*Die ATR skakel reeds met ander Engelse radiostasies oor soortgelyke inisiatiewe.

Lees meer oor die ATR hier

Radio 786 is ’n gemeenskapsradiostasie in die Wes-Kaap. Die radiostasie is in 1995 begin en voorsien in die opvoedkundige, inligtings- en kulturele behoeftes van die gemeenskap. Volg hulle op facebook: https://web.facebook.com/Radio786/?_rdc=1&_rdr