Aitsa! Blitsvinnige internetdiensverskaffer wat jou taal praat

Aitsa is ’n internetdiensverskaffer wat aan jou ’n volledige diens in Afrikaans bied.

Die internet kan ’n tameletjie wees. Aitsa het besluit om dit só maklik te maak dat dit kinderspeletjies is om jouself aanlyn te kry. In drie eenvoudige stappe kan jy kyk of jy veselinternettoegang het, jou pakket kies, en ‘n bestelling plaas … in Afrikaans … om onbeperkte, ongevormde vesel, sowel as installering en aktivering te kry.

Volgens die hoof van Aitsa.com, Cornelius Jansen van Rensburg, is hierdie produk deel van Metrofibre Network (MFN) en die doel is om betroubare internetdienste en -produkte aan gemeenskappe te lewer en waar moontlik, in jou eie taal.

Aitsa.com beoog ook ‘n beursfonds vir behoeftige jong studente wat hul sal bystaan met verdere studie.

Waarom ‘n beursfonds?

“Met die Aitsa-beursfonds steek ons ons nekke uit en ons hande in die sak om Afrikaanse onderrig te bevorder. Ons staan verdienstelike, behoeftige persone by wat in Afrikaans skoolgegaan het, hetsy by ‘n Afrikaanse enkel- of parallelmediumskool, om hul tersiêre opleiding of studies te befonds. Dit is hoe ons Afrikaans op ‘n aktiewe manier wil ondersteun” – Cornelius Jansen van Rensburg

Lees meer oor die blitsvinnige internet met bek by www.aitsa.com