fbpx

Afrikaanse skole is “eilande van uitnemendheid”

Lees die SOS 2019-matriekverslag hier

Matriekuitslae is tans die enigste maatstaf om die standaard van onderwys in Suid-Afrika te bepaal. Sedert die wegdoen van die Jaarlikse Nasionale Assessering (JNA), is dit belangrik om rigtingbepalende gevolgtrekkings daarvolgens te maak.

Die Skoleondersteuningsentrum stel sedert 2015 elke jaar ’n matriekverslag bekend, met ontledende data en kommentaar op die Nasionale Senior Sertifikaat se uitslae.

Die doel van hierdie verslag is om ’n kritiese blik op die eksamenuitslae te werp, met spesifieke verwysing na die prestasie van Afrikaanse skole.

Die Matriekverslag fokus hoofsaaklik op Afrikaanse skole se uitslae. Alle skole wat Afrikaans Huistaal as skoolvak aanbied, word in die verslag as Afrikaanse skole beskou. Alle Afrikaans- enkelmedium-, parallelmedium- en dubbelmediumskole word dus ingesluit. Dit sluit ook Engelse skole in wat Afrikaans Huistaal aanbied. Dit is 10.2% van alle skole.

Daar word gekyk na die resultate in Wiskunde, Afrikaans Huistaal, Rekeningkunde, Fisiese Wetenskappe en Lewenswetenskappe. Vanjaar word die uitslae in Besigheidstudies ook ingesluit.

Afrikaans.com-2019 Matriekuitslae

In ’n neutedop

Ten spyte van talle uitdagings, vaar Afrikaanse skole in Suid-Afrika steeds uitstekend op alle terreine en die verslag wys opnuut dat leerders aan Afrikaanse skole vanjaar weer aansienlik beter presteer het tydens die 2019-matriekeksamen as hul Engelse eweknieë.

  • Afrikaanse skole se algehele slaagsyfer is 87.1% teenoor die nasionale 2019-slaagsyfer van 81.3%.
  • 9% ontvang B-graad-toelating en volgens Melanie Buys (onderwysspesialis by SOS), is Afrikaanse skole verantwoordelik vir 18% van studente wat toegang tot B-grade toegelaat word.
  • Wat betref die getal onderskeidings is al vier die topskole in die land en nege van die top-20-skole Afrikaans.
  • As die getal kandidate per skool in ag geneem word, pronk Afrikaanse skole onder die top 20.
  • Agt van die top-20-skole met wiskunde- en rekeningkunde-onderskeidings is Afrikaans.
  • Daar word uitgewys dat uit die 256 338 leerders wat vir Wiskunde ingeskryf het, slegs 222 034 vir die eksamen opgedaag het, teenoor die 22 679 wat ingeskryf was by Afrikaanse skole waarvan net 269 nie opgedaag het nie.

Hierdie prestasie word volgens Daan Potgieter, uitvoerende hoof van die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON), toegeskryf aan die onontbeerlike voordeel van moedertaalondderig en bevestig net weer watter voorsprong dit vir leerders gee. “Dit het niks te make met Engels of ’n anti-Engelse sentiment nie.” Hy sê dit is nie net ’n grondwetlike reg nie, maar ook ’n internasionale reg vir ’n kind om onderrig in sy/haar moedertaal te ontvang.

Indien jy ingeteken is op Netwerk24 kan jy die volledige artikel hier lees.

Laai die volledige verslag hier af

Lees verder

Daar is ’n toekoms vir Afrikaanse onderrig. Klik hier

Moedertaalonderrig, jou sleutel tot sukses – kry die feite hier

Daar is ‘n toekoms vir Afrikaanse onderrig. Klik hier

Moedertaalonderrig – die belangrikste ding wat ons vir Afrikaans kan doen!

064 652 6873

JOU Afrikaans tel oral en altyd. Vertel ons met die hutsmerk #jouafrikaanstel waar, wanneer of waarom jou Afrikaans tel. Met ons nuutste veldtog bevestig ons dat jy nooit jou taal hoef prys te gee nie, dat Afrikaans oor globale grense strek en dat ons die verskeidenheid in Afrikaans vier. Kyk hier na die veldtog-video’s en neem deel. Onthou om jou naam, van en van watter geweste jy is, by te voeg.