25 Mei is Afrikadag – ontdek die Afrika in Afrikaans by die Taalmonument

Om opnuut klem te lê op die Afrika in Afrikaans, gaan die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se viering van Afrikadag op Vrydag, 25 Mei 2018, fokus op die invloed van Afrikatale op Afrikaans en Afrikaans se invloed op Afrikatale.

Op die dag, kan Afrikane (Suid-Afrikaners is uitgesluit) met geldige paspoorte van enige ander Afrikaland die monument gratis besoek.

Volgens Michael Jonas, direkteur van die ATM, wil die monument met hierdie viering mense bewus maak van Afrikaans as ʼn Afrikataal, die taal se Afrika-oorsprong (saam met sy Europese en Oosterse oorspronge), wedersydse invloede tussen Afrikaans en ander Afrikatale, sowel as die diversiteit van die Afrikaanssprekende gemeenskap. “Ons wil ook as Suid-Afrikaners uitreik na ons mede-Afrikane en daarom dat ons hulle gratis toegang tot die Taalmonument aanbied. Ons beskou die monument nie net as ʼn baken van hoop vir Afrikaans nie, maar vir alle Afrikatale.”

Die Taalmonument-toegangsfooie is R30 vir volwassenes, R10 vir Suid-Afrikaanse studente en pensioenarisse, R5 vir kinders (gratis onder ses jaar) en gratis vir Drakenstein-inwoners met biblioteekkaartjies. Oudiogidse is beskikbaar in Afrikaans, Engels, Xhosa, Frans, Duits en Nederlands.
Vir meer inligting oor die ATM, besoek www.taalmuseum.co.za of volg die Taalmonument op Facebook, Twitter of Instagram.

Lees ook:

Afrikaans is #onmisbaar in die mond van sy mense. Klik hier
Arabiese Afrikaans in die kollig. Klik hier
Meer oor Afrikadag. Klik hier

Lees meer oor die Afrikaanse Taalmonument en – museum hier

Neem ’n prettige foto wat jou wese uitbeeld en deel dit op sosiale media met die hutsmerk #onmisbaar of stuur vir ons ’n WhatsApp-foto of -stemboodskap by 064-652-6873. Onthou om jou naam en van waar jy is, by te voeg.

JOU taal maak dit vir jou moontlik om te wees wie jy is. Neem sommer self ‘n foto of stuur daardie stemboodskap. Jy hoef nie ‘n toespraak voor te berei nie – net ‘n sin of twee, jou naam en watter geweste jy is.

Koester jou hartstaal!