Afrikaans strek oor grense

Dis uitdagend, dis pittig, dis vreesloos Afrikaans.

Met ons video, “Die eerste ontmoeting”, bevestig ons dat dit nooit nodig is om jou taal prys te gee nie: JOU AFRIKAANS TEL! In watter situasie jy jou ook al bevind.

Met ons “Buitelandse vakansie”-video bevestig ons weer dat Afrikaans grense oorsteek. Afrikaans is oral. Jy kan dit maar saamneem waarheen jy ook al gaan. Dit is immers deel van jou identiteit.

“Buitelandse vakansie …”

“Die eerste ontmoeting …”

Kyk uit ,,,

Jy kan deelneem!
Hou weekliks ons webtuiste en sosialemedia-blaaie dop en raak deel van die gesprek. Vertel vir ons of jy al iets soortgelyk soos in ons video’s oorgekom of beleef het, of laat weet sommer net wat jý doen om jou taal te laat tel. Gebruik die hutsmerk #jouafrikaanstel en deel jou unieke storie met ons.

Koop dit, leef dit, praat dit, lees dit!

My Afrikaans tel … Joune ook!