Streekwenner 4: Jeffreysbaai (Oos-Kaap)

Jeffreysbaai is sekerlik een van Suid-Afrika se gewildste vakansiebestemmings.

Jeffreysbaai het bykans 30 000 permanente inwoners.

Jeffreysbaai is internasionaal bekend vir branderplankry, veral in die wintermaande. Internasionale kompetisies word gereeld hier gehou.

Dolfynstrand is as ‘n blouvlagstrand gesertifiseer.

Jeffreysbaai se sentrale inkopiesentrum het karakter en bied ’n unieke koopervaring.

Jeffreysbaai (alombekend asf J-Bay) is ‘n vakansiedorp in die suidwestelike Oos-KaapSuid-Afrika. Die dorp is 20 km oos van Humansdorp geleë en val onder beheer van die Kouga Plaaslike Munisipaliteit.

Die dorp het sy ontstaan in 1849, as ‘n hawe en handelspos, te danke aan ‘n walvisjagter, J.A. Jeffrey. Die Portugese ontdekkingsreisiger Manuel Perestrelo, het reeds in 1575 hier geland.

Jeffreysbaai is internasionaal bekend vir branderplankry, veral in die wintermaande. Internasionale kompetisies word gereeld hier gehou. Die baai is ook bekend vir sy skulpies.

Jeffreysbaai het met Ladismith en Rhodes meegeding.

#Onmisbaar – Ontmoet vir Koffie Jacobs

Koffie Jacobs is so deel van Jeffreysbaai soos sy reusebranders. Hy het op 7 Julie 1989 die eerste haaiaanval wat hier aangeteken is, beleef en oorleef. Die voorval het egter nie sy entoesiasme vir Jeffreysbaai en sy branders gedemp nie. Hy bemark sy dorp se strande en is steeds betrokke by groot branderplankkompetisies.