fbpx

Nóg tien skole word Afrikaanse mure in 2020 ryker!

Die nuwe kunswerk

“Jy kan enigiets bereik deur Afrikaans!” Dit is ons boodskap aan leerders, onderwysers en die gemeenskappe wie se mure ons vanjaar met Afrikaans inkleur.

Afrikaans staan sterk

Afrikaans.com se muurkunswerke by skole in die Wes-Kaap het die afgelope drie jaar opnuut die klem geplaas op ons moedertaal, Afrikaans. Almal is dit eens dat Afrikaans in al sy variëteite sterk staan en nou meer as ooit gedy.

Drie jaar nadat die muurkunsinisiatief van stapel gestuur is, pronk 30 skole reeds met hulle unieke en kleurvolle Afrikaanse mure. Hierdie muurkuns herinner elke dag gemeenskappe en Afrikaanspraters daaraan dat hulle enigiets kan bereik deur hulle moedertaal en dat Afrikaans in al sy baadjies,  sy plek volstaan as een van ons amptelike tale wat steeds besig is om te groei en te ontwikkel.

Die span

Afrikaans.com-muurkuns-by-skole

Die Afrikaans.com-muurkunsspan: René Arendse (projekkoördineerder), Jessica en Elmarie Wright (kreatiewe span).

René Arendse, projekkoördineerder van die Afrikaans.com-muurkunsinisiatief sê:

“Die taal gedy met trots in stedelike sowel as plattelandse streke hier in die Wes-Kaap en is steeds die spreektaal in die meeste huishoudings. Deur die muurkunswerke maak ons nie slegs leerders nie, maar veral ouers, daarvan bewus dat ’n kind se moedertaal die beste medium van onderrig is. Dit is dan ook ons doel om ons ouers te bemagtig om hul kinders die geskenk van moedertaalonderrig te gun. Afrikaans as akademiese taal sal ons kinders bemagtig om hul drome na te streef, want moedertaal is die bousteen vir toekomstige sukses, wat ook al ’n mens se aspirasies.”

Afrikaans.com is baie opgewonde oor die beoogde muurkuns in 2020 en sal in die loop van die jaar tien nuwe skole in die Wes-Kaap besoek en hulle mure met ’n besondere kunswerk verfraai met die boodskap: JY KAN ENIGIETS BEREIK DEUR AFRIKAANS!

Ons woeker, werk en skep in Afrikaans!

Afrikaans.com-muurkuns-by-skole

Indien jy graag so ‘n onthullingsgeleentheid wil bywoon, ‘n skool of gemeenskap wil nomineer, of ‘n bydrae wil maak, kan jy vir René Arendse kontak by rene@afrikaans.com.

Baie dankie aan elkeen van on vennote wat bydrae om hierdie projek so ’n groot sukses te maak!

ATR • ATKV & VVA • FEDSAS • SASNEV • KUNSTEKAAP • KUIER TYDSKRIF • SBA • ADAM SMALL FEES • WOW • ATM

Afrikaans.com-muurkuns-borge

064 652 6873

JOU Afrikaans tel oral en altyd. Vertel ons met die hutsmerk #jouafrikaanstel waar, wanneer of waarom jou Afrikaans tel. Met ons nuutste veldtog bevestig ons dat jy nooit jou taal hoef prys te gee nie, dat Afrikaans oor globale grense strek en dat ons die verskeidenheid in Afrikaans vier. Kyk hier na die veldtog-video’s en neem deel. Onthou om jou naam, van en van watter geweste jy is, by te voeg.