fbpx

Dis kompetisietyd op Afrikaans.com!

Daar is R15 000 op die spel…

Suid-Afrika is in ’n staat van inperking, maar dit beteken nie ons kreatiwiteit is ingeperk nie. In die volgende drie weke kan jy deelneem aan ’n weeklikse kompetisie op Afrikaans.com se webblad. Elke week sal die top 10-finaliste van daardie week se kompetisie aangekondig word en aan die einde van week 4 kondig ons die top 3-wenners van elke week aan.

Hoe werk die kompetisie?

Week 1: Wat doen jy om jou kinders tuis besig te hou?

Dit is nie maklik om die kleinspan te vermaak gedurende hierdie tyd by die huis nie. Wys ons in ’n kort video of stuur foto’s van hoe jy jou kinders op kreatiewe maniere tuis besig hou. Die mees kreatiewe inskrywing sal wegstap met die groot prys.

Hoe skryf ek in?

  • Plaas jou video of foto op Facebook/Instagram, tag Afrikaans.com en gebruik die hutsmerk #tuisinjoutaal.

Week 2: Deel jou nuutskepping(s)

Ongewone tye lei tot ongewone situasies. Dalk het jy en jou gesin reeds jul eie COVID-19-woordeskat en/of -uitdrukkings ontwikkel. Iets soos: Daai persoon is ’n regte “covidioot”, want hy steur hom nie aan die reëls nie. Of, ons eet “pandemiepasta”. Gaan loer gerus by Afrikaans.com by So praat ons COVID-19 … in Afrikaans vir nog voorbeelde van nuutskeppings en stuur vir ons jou eie.

Hoe skryf ek in?

  • Stuur vir ons jou nuutskepping met die verduideliking daarvan via Facebook Messenger. Onthou om jou naam en van by te voeg. Die mees kreatiewe inskrywing sal wegstap met die wenprys.

Week 3: Skryf ’n blog of maak ’n vlog

Hoe ervaar jy die COVID-19-inperkingsperiode en waarmee hou jy jouself besig? Dit is nie aldag maklik om so ingeperk te leef nie, maar dalk het jy oulike idees of insidente om met ons in ’n blog of per vlog te deel. Humoristies of ernstig … ons kan nie wag om jou ervarings te deel nie. Die mees kreatiewe video/blog sal as die wenner gekroon word.

Hoe skryf ek in?

  • Plaas jou vlog/blog op Facebook/Instagram, tag Afrikaans.com en gebruik die hutsmerk #tuisinmytaal. Jy kan ook jou video of vlog via Facebook Messenger aanstuur.

Wat jy elke week kan wen

Ons gee elke week R5 000 weg! Die wenner word beloon met R3 000, tweede plek kry R1 500 en derde plek kan R500 in die sak steek.

Die tye vir die inskrywings is as volg:

Week 1: Inskrywings open Maandag, 6 April en sluit Sondag, 12 April om middernag.

Week 2: Inskrywings open Maandag, 13 April en sluit Sondag, 19 April om middernag.

Week 3: Inskrywings open Maandag, 20 April en sluit Sondag 26 April om middernag.

Laat daardie kreatiewe sappe vloei en maak hierdie isolasie-tydperk een om te onthou!

Alle navrae kan gerig word aan myafrikaans@afrikaans.com.

064 652 6873

JOU Afrikaans tel oral en altyd. Vertel ons met die hutsmerk #jouafrikaanstel waar, wanneer of waarom jou Afrikaans tel. Met ons nuutste veldtog bevestig ons dat jy nooit jou taal hoef prys te gee nie, dat Afrikaans oor globale grense strek en dat ons die verskeidenheid in Afrikaans vier. Kyk hier na die veldtog-video’s en neem deel. Onthou om jou naam, van en van watter geweste jy is, by te voeg.