Die kontrak

Liriekkompetisie

Ons wil weet watter Afrikaanse liedjie se woorde tokkel jou hartsnare. Deur te stem, staan jy ‘n kans om R2 000 los te slaan met Die Kontrak op Via (DStv-kanaal 147) en Afrikaans.com se opwindende liriekkompetisie. Kyk hieronder en stem vir die liedjie op die lys waarvan die woorde jou raak, jou gelukkig laat voel of sommer net daardie spesiale plek in jou hart het.

Whatsapp jou antwoord na 064 652 6873.

Onthou om jou naam en van watter geweste jy is, by te voeg. Ons kies weekliks  een wenner. Elke nuwe stemronde begin Maandagoggende 08:00 (vanaf 19 September tot 5 Desember).  Voorwaardes geld.

Lees ook hier …

Lees meer: http://www.viatv.co.za/program.asp?id=154

Kies ‘n liedjie uit die lys


Liedjie Kunstenaar YouTube-skakel
1. Bring die hoop weer terug Jo Black https://www.youtube.com/watch?v=Vlujt0Q50UM
2. Toe vind ek jou Francois van Coke & Karen Zoid https://www.youtube.com/watch?v=AXLM-vQqmGE
3. Spieëltjie Bobby van Jaarsveld https://www.youtube.com/watch?v=0mkZzHQDhNY
4. Cooler as ekke Jack Parow https://youtu.be/lRzFqW4Xh2k
5. Kaptein Kurt Darren https://www.youtube.com/watch?v=b7EqmCokcXY
6. Eindelose liefde Caroline Grace https://www.youtube.com/watch?v=0MM12PPp000
7. Mal oor jou Tarryn Lamb https://www.youtube.com/watch?v=1L1oLLwTVbw
8. Groen trui Jan Blohm & Karen Zoid https://www.youtube.com/watch?v=OihEkh6utYM
9. Leeuloop Robbie Wessels https://www.youtube.com/watch?v=ULUpfBSRYlA
10. Hemel op die platteland Fokofpolisiekar https://youtu.be/vVxcvHjN19E
11. Liefling Gé Korsten https://youtu.be/eCMnHz0jkjo
12. Ek verlang na jou Sonja Heroldt https://www.youtube.com/watch?v=_b035FduX9M
13. Bloedgrond Neil Somers https://www.youtube.com/watch?v=7uNE_9IflqQ
14. Liedjie vir jou Jannie du Toit https://www.youtube.com/watch?v=CAO-pRYuN4Y
15. Staan my by Radio Kalahari Orkes https://www.youtube.com/watch?v=D0lo_HlhIsE
16. Brief vir Simone Anton Goosen https://www.youtube.com/watch?v=eYIWvc-P91c
17. Dorp toe Fatman https://www.youtube.com/watch?v=7fdYECwHkk0
18. Sexy vi my Dirk van der Westhuizen https://www.youtube.com/watch?v=dYDCjxmURvI
19. Pampoen Steve Hofmeyr ft Hemelbesem https://www.youtube.com/watch?v=CKFFAOBCJ8k
20. Ek lewe Anneli van Rooyen https://www.youtube.com/watch?v=WGxfrj8gTXM
21. Boer loop deur my are Appel https://www.youtube.com/watch?v=71d0bePGvxg
22. Reik na die sterre Bles Bridges https://www.youtube.com/watch?v=yEvVJLGTa8I
23. Voshaarnooi Joshua na die Reën https://www.youtube.com/watch?v=tH0qiT0nZ_Y
24. Lisa se klavier Koos Kombuis https://www.youtube.com/watch?v=eSNZar71U0A
25. Stilte voor die storm Elandré https://www.youtube.com/watch?v=m4ub_JnCZOw
26. Word wakker Jan Blohm https://www.youtube.com/watch?v=rdBIfWo3YVk
27. Swartskaap Willem Botha https://www.youtube.com/watch?v=2m5sX8Ikoic
28. Blou Laurika Rauch & Loki Rothman https://www.youtube.com/watch?v=O6b_75iZHrA
29. Lig op die horison Joshua na die Reën https://www.youtube.com/watch?v=PtZeL6y3o9U
30. Hillbrow Stef Bos https://www.youtube.com/watch?v=coDERRy9upU
31. Outjie van die platteland V.I.T.O https://www.youtube.com/watch?v=f_lhxG5HBg0
32. Miljoen Lucas Maree ft Jaco van der Merwe https://www.youtube.com/watch?v=miePbUd4ReA
33. Al lê die berge nog so blou Rina Hugo ft YOMA https://www.youtube.com/watch?v=IhmVsy_5S6I
34. Vuil Vanderbijl Refentse https://www.youtube.com/watch?v=_POpubUHB3g
35. Beautiful in Beaufort-Wes Gert Vlok Nel https://www.youtube.com/watch?v=fH4pT6JWnhY
36. Ska rumba Juanita du Plessis https://www.youtube.com/watch?v=kfiJlSUNB-8
37. Cool soos Koos Kombuis Snotkop https://www.youtube.com/watch?v=WXgaSUb0X-o
38. Dorings vir ma Manie Jackson https://www.youtube.com/watch?v=Ew_S2qlf0cc
39. Vat nou hierdie mens Fredi Nest https://www.youtube.com/watch?v=g_2eTAUlOSk
40. Sonvanger Karen Zoid https://www.youtube.com/watch?v=7-cw-RBYKG4
41. Sally Williams Nougat Jak de Priester https://www.youtube.com/watch?v=F8MkQ8gpq0A
42. Bring die storm Nicholis Louw https://www.youtube.com/watch?v=bqsylPpNNDg
43. Ek is ryk Adam Tas & Stella https://www.youtube.com/watch?v=sLcOuRcJ2xM
44. Wat weet ek tog Martin Bester https://www.youtube.com/watch?v=sCzTcZr_2C0
45. Lemoene Appel & Bok van Blerk https://www.youtube.com/watch?v=xL9DzrmORGs
46. Die perfekte een vir my Brendan Peyper https://www.youtube.com/watch?v=y2-ZY7j988A
47. Lê ’n bietjie langer Jay https://www.youtube.com/watch?v=3Cb1yKR6pEA
48. As jy weet dis liefde Charlize Berg https://www.youtube.com/watch?v=bJBer1SFFww
49. Laaste lied Corlea Botha https://www.youtube.com/watch?v=cN-bCtdZbjs
50. Wenners Danie Botha https://www.youtube.com/watch?v=zK_9AEI40Tk
51. Sy klink soos lente Bouwer Bosch https://www.youtube.com/watch?v=bmnbs-iJY5Y
52. Voete van klei Straatligkinders https://youtu.be/fbnc1vInpQA
53. Kopskudkinders Die Tuindwergies https://www.youtube.com/watch?v=YQQyu1X2CHU
54. Anderkant Arno Carstens https://www.youtube.com/watch?v=qDP2PCZPzm8
55. Kulkuns Bittereinder ft Chris Chameleon https://www.youtube.com/watch?v=GfHiBKTBLLw
56. As jy slaap Chris Chameleon https://www.youtube.com/watch?v=URFRdfpOCFM
57. Pad na jou hart Joe Foster https://www.youtube.com/watch?v=CN7GKAXmtHI
58. Te lank al Anna Davel https://www.youtube.com/watch?v=ZH9ui0gnjC4
59. Karoonag Coenie de Villiers & Lucas Maree https://www.youtube.com/watch?v=O3cdAvMURcQ
60. Heildronk Albert de Wet https://www.youtube.com/watch?v=JFae7A_80gA
61. Ou ryperd Dozi & Die roots broers https://www.youtube.com/watch?v=32d_elYt1PE
62. As almal vêr is Koos du Plessis https://www.youtube.com/watch?v=0A6zmFfOWnY
63. Tussen Treine Richard van der Westhuizen & Lochner de Kock https://www.youtube.com/watch?v=1OXUpH4dy2g
64. Jessica Ray Dylan https://www.youtube.com/watch?v=MYG6XuVB6no
65. Stukkie van der Merwe Pieter Smith https://www.youtube.com/watch?v=xvDDl8ftet8
66. Hoe wys ’n man sy hart Vaughan Gardiner https://www.youtube.com/watch?v=PZPHkSMIyc4
67. Wen Wen Wen Riku Latti https://www.youtube.com/watch?v=LsjSOPZ_ztQ
68. Sweef soos ’n arend Danie Niehaus & Mynie Grove https://www.youtube.com/watch?v=cxcdBcm-geo
69. Agter elke man Steve Hofmeyr https://www.youtube.com/watch?v=BlX8Ktlieo4
70. Hardekole Ricus Nel, Refentse, Bok van Blerk & Adam Tas https://www.youtube.com/watch?v=XQypKzeCNd0
71. Die lyn Elandré https://www.youtube.com/watch?v=3xoc5VGeeRQ
72. Lei my na die water Appel https://www.youtube.com/watch?v=JjMPLh5H17k&t=30s
73. Vir ‘n vreemdeling Faraway George https://www.youtube.com/watch?v=4ieDE3u-8Xc
74. Kinders van die wind Laurika Rauch https://www.youtube.com/watch?v=_Nx2azzo70E
75. Net vir jou Bobby van Jaarsveld https://www.youtube.com/watch?v=g9nnoD-_LOw
76. Sewe oseane Andriette Norman https://www.youtube.com/watch?v=vWvQisgIUJc
77. Jy is vrou Danie Niehaus https://www.youtube.com/watch?v=de4u-J0eqGU
78. As musiek begin speel Karen Zoid https://www.youtube.com/watch?v=nKj-e2mIp4Y
79. Jy soen my nie meer nie Lianie May & Karen Zoid https://www.youtube.com/watch?v=CZAUAc89gvU
80. My engel Die Melktert Kommisie https://www.youtube.com/watch?v=65C8Tt3OIvs
81. Sewentien Dewald Wasserfall https://www.youtube.com/watch?v=8dzOV6lP-ng
82. Die wereld binne my Joshua na die Reën https://www.youtube.com/watch?v=8kEmBXGVi60
83. Timbuktu Riana Nell https://www.youtube.com/watch?v=vh8x9xkKUFg
84. Sproeitjies Sias Reyneke https://www.youtube.com/watch?v=zSuUyj75f-0
85. Hak hom blokkies David Kramer https://www.youtube.com/watch?v=zSuUyj75f-0
86. Vier seisoene kind Laurika Rauch https://www.youtube.com/watch?v=Dv-dXNyEyts
87. Ek wil vir jou Lizandra Winter feat Joshua na die Reën https://www.youtube.com/watch?v=iFWuW_IA4rY
88. Ek wil jou ken Anneli van Rooyen https://www.youtube.com/watch?v=Tjx-izm_NOU
89. Kyk hoe glinster die maan Laurika Rauch https://www.youtube.com/watch?v=xMpIvI84nxc
90. Jantjie Sonja Heroldt https://www.youtube.com/watch?v=qfQCndiMWIY
91. Spore Elvis Blue https://www.youtube.com/watch?v=guf-FJ_6Nrw
92. Vergeet wat jy weet van liefde Dewald Wasserfall https://www.youtube.com/watch?v=_r5QTkSlWG4
93. Die brug Elvis Blue https://www.youtube.com/watch?v=xnzJSHjo-4M
94. Skepe Jo Black https://www.youtube.com/watch?v=Mm7zRR1tF-8
95. 54 5De straat Eden https://www.youtube.com/watch?v=FklQ3v2TF5g
96. Vergeet my nie Ge Korsten https://www.youtube.com/watch?v=9ArXDkhALX8
97. Ballade vir ‘n enkeling Die Heuwels Fantasties https://www.youtube.com/watch?v=Ds3EmebO-i8
98. 24 Uur Klopjag https://www.youtube.com/watch?v=eGwOlCOTnxo
99. Om te kan Lukraatetaar https://www.youtube.com/watch?v=zJgHfG4U3GA
100. Geel Spoegwolf https://www.youtube.com/watch?v=mTccP-6XcpQ

Weeklikse wenners

Week een: Karina Cloete

As die musiek begin speel van Karin Zoid. Sy het net ‘n manier om jou hart te laat voel. Die liedjie praat van waar ons generasie is, maar moedig verbeelding aan, soek na die positiewe in die lewe … Pragtig. Groete Karina Cloete, van Northcliff in Gauteng.

Week twee: Laetitia Joubert

Hi my liedjie keuse is beslis no 1 Bring die hoop weer terug van Jo Black. Hy is vir my die toonbeeld van vaste vertroue in Jesus kom wat wil! Ons gaan tans deur n baie moeilike tyd my man is werkloos al v meer as n jaar en dit gaan moeilik. 2 honger tiener seuns in die huis maak dit nie makliker. Op die dae wanneer ek voel ek kan nou net nie meer nie speel ek altyd hierdie liedjie kliphard en dan voel ek sommer weer ek het moed vir die dag. Dit help my altyd om my kop op te tel, my kroon reg te skuif en te glimlag. Dit laat my onthou ek is n Koningskind en trots afrikaans! My naam is Laetitia Joubert en ek woon in Margate

Week drie: Wickus Zerwick

Nr. 89. Laurika Rauch se Kyk hoe glinster die maan.

Vlieg oor die bome met my drome. Dit laat my terug dink aan die dag toe ons nog min worries gehad het en net kon droom. Of dit nou was om ‘n brandweerman te word of om baie geskenke te kry. Vandag lyk almal se prentjies bietjie anders, maar droom moet ons steeds droom. Wickus Zerwick. Potchefstroom.

Week vier: Heila-Viljoen

My keuse is nr 22: Reik na die sterre van Bles Bridges.

Die liedjie was my inspirasie om hoër hoogtes te bereik. Dit het my gehelp om als wat ek tot nou deur gemaak het en wat met my gebeur het die afgelope jaar te verwerk en aan te gaan met my lewe. Reik na die sterre en droom groot drome. Daai sterre is binne jou bereik as jy jou hart daarop sit en positief dink.

Week vyf: Elzaan Trautman

Nr 89: Kyk hoe glinster die maan – Laurika Rauch.

Die volgende liedjie tokkel elke keer my hartsnare: “Elke meisie het ‘n spesiale wens. Vir ‘n man so soet soos suiker, met ‘n motor sonder duike. En soen hy jou dink jy dis net ‘n droom… Al bestuur hy ‘n ou bakkie, sê ek: “Kersfeesvader, dankie!”. Want al sy soene is soos suiker, en in sy hande ‘n diamant.”

Ons leef in ‘n wêreld waar ons hierdie ‘perfekte’ prentjie in ons kop het van hoe alles moet wees. Dis vir my so mooi dat die skrywer later besef dat aardse goed nie belangrik is nie. As jy eers ware liefde vind, dan het jy alles – en ek dink dis die grootste droom wat bewaarheid kan word.♥♥♥

Elzaan (Somerset-Wes)

Week ses: Eristene Shindy

Nr 12: ‘n Spesiale Afrikaanse liedjie vir my is “Ek verlang na jou van Sonja Heroldt

Laat my dink en verlang na spesiale mense wat ek in my lewe verloor het. 💔

Baie mooi lied met Sonja se “goue stem” wat tokkel aan my hartsnare elke keer as ek dit hoor. 💕

Eristene Shindy van Kathu.

#WenMetVia

Week sewe: Monja Victor

Nr. 91. Spore – Elvis Blue

Mens voel soms mens wil net oor begin en ‘n nuwe begin in jou lewe maak, maar die Here het lankal reeds elkeen se bestemde pad vir hulle uiteen gesit en ons almal is op aarde met ‘n doel om ons stempel af te druk en ‘n positiewe uitwerking op ander se lewens te hê al vind ons onsself in n moeilike plek in ons lewe. 💛 Pragtige lied met mooi woorde wat motivering bied vir mense om die beste van elke oomblik te maak ,want tyd is net aan ons geleen!

Monja Victor – Warmbad

Week agt: Ferdo Pretorius

Die Afrikaanse liedjie wat my hartsnare tokkel is Nr. 49: Laaste lied deur Corlea Botha.

Ek het altyd gedink ek kort daardie spesiale persoon in my lewe om die ‘lewensnote’ mee saam te sing. En ek het gedog ek het daardie persoon gekry, maar na 7-jaar se verhouding het hy my “voor die brug” gelos en alleen gestap en nie teruggekyk nie.

Elke keer as ek hierdie liedjie hoor, dink ek terug aan daardie tyd en ek vergelyk dit met waar ek vandag staan. Ek is sterker en dit is nie net die laaste lied nie, maar ook nie laaste gedagte gewees van my vorige verhouding.

My naam is Ferdo Pretorius en ek is woonagtig in Kaapstad.

Week nege: JC van den Berg

Nr.84 : Sproetjies van Sias Reyneke

Die liedjie laat my dink aan die storie wat ek jare gelede terug aan my beste vriend se dogtertjie vertel het. Ek en my rooikopvrou, vol sproetjies, was toe pas getroud. My vrou se sproetjies het die kind vreeslik gefasineer. Sy wou by my weet waarom my vrou soveel sproete gehad het. Ek vertel haar toe die volgende storie:

“ Toe die tannie ‘n klein dogtertjie soos jy was, het sy eendag haar ma baie kwaad gemaak. Haar ma was so kwaad dat sy haar met ‘n klomp modder gegooi het. Gelukkig het sy ‘n siffie by haar gehad waarmee sy gekoes het. Die modder het egter deur die siffie gekom en plek-plek op haar hele lyf sulke klein spatsels gelos. Sy het baie hard probeer om dit af te was, maar verniet. Tot vandag toe nog is dit op haar hele lyf. “

Die kind het aan my lippe gehang en my sowaar geglo. Sy kon dit nie langer hou nie en hardloop na my vrou toe, wat van niks wis nie, en vra haar: “ Tannie, wat het jy gedoen dat jy jou ma so kwaad gemaak het?”

JC van den Berg
Bloemfontein

Week tien: Cs Neethling

Nr.21 : Boer loop deur my are van Appel

Om ‘n boer te wees is glad nie eenvoudig nie. Elke dag het sy uitdagings en wanneer jy net dink dat alles reg is, sit die volgende spilpunt alweer vas, maar dan is daar ook die oomblikke wat boer die moeite werd maak.

Dit begin natuurlik met ‘n koppie boeretroos net voor ses elke oggend. Wanneer dit bietjie koeler as gewoonlik is, trek ek twee kortbroeke aan net vir ingeval. Daar kan gery word van plaas tot plaas sonder bekommernisse oor verkeer. Daardie stappie kraal toe net om te sien daar is nog ‘n nuwe, sterk lammetjie wat melkdronk gedrink is met skuim rondom sy bek. Vêr tot waar die saailande strek oor die bult en groen koring aanhoudend kwêla-vinke lok. Wanneer ek by die plaashek inry en daardie soet reuk van gekneusde gras my tref van die vee wat om die plaasdam deur biesies wei. Tog bly dit die heel lekkerste wanneer God die sluise van die hemel oopmaak en te kan sien hoe die droë grond daardie eerste paar druppels opslurp.

Ek is Cs Neethling, boer in die Dealesville distrik en boer loop sonder twyfel deur my are.

Week elf: Carita van den Berg

Liedjie nommer 87: Ek wil vir jou

Die liedjie tokkel my hartsnare en gee my sommer hoendervleis en daarom dra ek dit op aan twee ongelooflike mense in my lewe. Hulle het my leer droom en ook om in daardie drome te glo. Dis as gevolg van hulle dat ek glo om altyd die beste in mense te sien. In die liedjie praat hulle van deurnis. Hulle het my lief met DEURNIS, GEDULD en is ook die enigste mense wat my ten volle VERSTAAN.

Hulle bied aan my ‘n skouer waar ek my hartseer kan neerlê.

Hulle gaan daagliks op hul knieë en dra my aan ons Hemelse Vader op al vandat ek net ń gedagte was. Hulle leer my om elke geleentheid aan te pak met elke gryntjie passie en met elke gryntjie hart.

Vandag wil ek hul sonskyn wees soos hulle nog altyd myne was en myself, my tyd, my gebede en my liefde vir hulle gee soos ek dit al vir 19 jaar uit hul hart ontvang. Ek verstaan nou hoeveel trane hulle saam my gestort het, hoeveel trots hulle saam my gedra het, hoeveel maagpyn lagsessies hul saam my gedeel het en hoeveel onvoorwaardelike liefde hulle vir my en my sussie in hul harte berg.

MAMMA en PAPPA as ek helfte die ouer kan wees wat julle is sou ek sê dat ek myself goed van my taak gekwyt het.

Ek het julle onvootwaardelik lief.

Carita van den Berg