Afrikaans is #onmisbaar op Kwêla se dorpe van die jaar

KykNET se Kwêla laat val weer die kollig op die spesiale dorpe en hul mense van ons pragtige land. Vanjaar gaan Afrikaans.com weer saam op reis en ons neem trots hande met hierdie heerlike en opwindende kompetisie. Ons doel … natuurlik om Afrikaans te vier en die mense wat in en deur Afrikaans ’n bydrae tot hierdie gemeenskappe maak, te ontmoet en aan julle voor te stel.

Die mense bly maar die hartklop van elke dorp en waar die Kwêla-span ook al aandoen, is daar altyd ‘n besonderse mens (eintlik ‘n hele klomp mense) wat die uniekheid en interessantheid van hul streek en dorp weerspieël. Ons ontmoet van hierdie trots-Afrikaanssprekendes deur die Kwêla-kameralens en maak so ‘n bietjie nader kennis. Of dit nou deur hul produkte, hul erfenis (dikwels voorouers wat ‘n hand gehad het in die totstandkoming van die dorp), of hul bydraes om die gemeenskap waarin hul woon en werk uit te bou … elkeen van hierdie mense speel ‘n belangrike rol in die sukses van hul onderskeie dorpe … op hartsvlak, op ekonomiese vlak en elkeen dra by tot die uitsonderlike kleur, tekstuur, warmte en besonderse karakter van die kleurvolle tapisserie van ons land en sy mense. Ons vertel hul stories wat jou opnuut sal laat besef hoe #onmisbaar Afrikaans is.

Streekwenners

Streekwenner 9: St Lucia (KwaZulu-Natal)

Streekwenner 8: Mariental (Namibië)

Streekwenner 7: Parys (Vrystaat)

Streekwenner 6: Upington (Noord-Kaap)

Streekwenner 5: Montagu (Wes-Kaap)

Streekwenner 4: Jeffreysbaai (Oos-Kaap)

Streekwenner 3: Modimolle (Limpopo)

Streekwenner 2: Wakkerstroom (Mpumalanga)

Streekwenner 1: Fochville (Gauteng)