Zak Hendrikz: Passievol, vurig en vol lewe

Ontmoet vir Zak

Zak Hendrikz is ‘n akteur, vervaardiger, regisseur en boer. Hy het al in verskeie Afrikaanse films gespeel, soos “Ballade vir ‘n Enkeling” en “Thys en Trix”. Die rolprente wat hy vervaardig, het ook al by die Silwerskermfees gewys. As hy nie besig is voor én agter die kamera nie, hou hy baie van reis en om tyd in die kombuis te spandeer. Hy sê die feit dat hy elke dag kan opstaan en sy drome uitleef, maak die lewe vir hom die moeite werd.

Vyf dinge wat waarde tot sy lewe byvoeg

  1. Sy geliefdes. Dit strek van familie tot vriende. Dit is vir hom belangrik om goeie en liefdevolle mense in sy lewe te hê, omdat dit hom as mens voller en sterker maak.
  2. Dit is vir Zak belangrik om homself uit te daag en om so veel moontlik kreatief te wees in alle aspekte van sy beroep. Dit gee hom die motivering om elke dag uit die bed uit op te staan.
  3. Sy plaas. Hy boer met donkies en bokke. Elke keer as hy terugkeer plaas toe na ‘n kontrak in Johannesburg voel dit asof sy batterye weer herlaai. Die plaas hou hom plat op die aarde.
  4. Om te reis. Hy voel dit is belangrik om die wêreld te sien. Dit is so maklik om in jou eie borrel vasgevang te word en te vergeet dat daar ‘n hele wêreld daar buite is met ander kulture en tale. Om te reis gee hom perspektief oor die lewe.
  5. Doelwitte: Zak stel gereeld vir homself verskillende doelwitte in sy persoonlike, sowel as professionele lewe. Deur sy doelwitte te bereik, gee dit hom begrip oor waar en wat hy in die lewe wil wees.

Wat maak Afrikaans vir Zak #onmisbaar?

“Ons mense. Ek het die afgelope jaar baie gereis, en besef hoe lekker dit vir my is om elke keer terug huis toe te kom en weer in my moedertaal met mense te praat en kuier!”

Sy projek

Zak besit die produksiemaatskappy “PIT PRODUKSIES”. Dit is ‘n opvoedkundige teater-maatskappy wat al sedert 2000 bestaan, en wat al gehelp het in die opvoeding vir graad 12 IEB-leerders, dwarsoor Suid-Afrika.

Volg hom

Facebook: @zakhendrikz

Instagram: @zakhendrikz