Suzanne Smit se Afrikaans is die voorsetsel, agtervoegsel, hiperbool en eufemisme wat haar help om kreatief te dink en te doen

Ontmoet vir Suzanne

Suzanne bly in Centurion en is ’n belastingadviseur en toegelate prokureur. Sy is ook ’n stigterslid, direkteur en skrywer van “Die Naguilklub”. Haar stokperdjies is skryf, reis, fotografie, draf en aksienetbal. Suzanne geniet nuwe idees (terwyl sy vonkelwyn, gin of koffie drink), sy is ambisieus en streef te alle tye na harmonie. Haar gesin en familie is die spil waarom haar aardse lewe draai, en hulle klim graag in die kar om ons land te verken. Vir haar is dit die perfekte kombinasie vir ’n leeftyd se herinneringe en ervaringe.

Vyf dinge wat waarde tot haar lewe toevoeg:

  1. Haar naastes, omdat hulle haar vorm.
  2. Haar werk, want arbeid adel.
  3. Oefening vir balans in haar lewe.
  4. “Die Naguilklub”, want dit is ’n nalatenskap vir hulle kinders, ’n rigtingwyser en verwysingspunt vir eendag.
  5. En Hy, in wie haar identiteit gevestig is.

Wat maak Afrikaans vir haar #onmisbaar?

“Afrikaans oorbrug kulture en grense. Dit versoen die verlede met die hede. Dit is onlosmaaklik deel van my aardse identiteit.”

Haar projek

Sy is ’n stigterslid, direkteur en skrywer van “Die Naguilklub”, wat tans onder meer ’n gereelde rubriek in Finesse-tydskrif het en ook weekliks op Radio Helderberg gesels.

Volg Die Naguilklub:

(Facebook icon) @dienaguilklub

(Instagram icon) @dienaguilklub