Mila Guy: Nederig en vriendelik

Ontmoet vir Mila

Mila Guy is die nuwe, blink ster in die rolprent- en televisiebedryf en het al in verskeie Afrikaanse films, soos Wonderlus en Liewe Kersfeesvader gespeel. Wanneer sy nie voor die kamera is nie, sing en stap sy graag. Sy is ook baie lief vir stilering. Mila sê dat daar baie dinge is wat haar lewe die moeite werd maak, maar as sy iets moet uitsonder is dit die feit dat sy gesond is en elke dag kan opstaan en iets nuuts met die dag kan maak. As sy haarself in een sin moes opsom, sal dit wees “nederig en vriendelik, klein botteltjie, groot drome.”

Drie dinge wat waarde tot haar lewe toevoeg

  1. Die Here, want sonder Hom sal sy nie vandag hier kon wees nie.
  2. Haar familie, want hulle glo in en is trots op haar.
  3. Haar vriende, want hulle motiveer haar om die beste sy te wees.

Wat maak Afrikaans vir Mila #onmisbaar?

“Ek bid, huil, sing en droom in Afrikaans. Dis waar ek tuis voel.”

Volg haar

Facebook: @mila.guy

Instagram: @milaguy