Mia Spies: Sy wil ’n verskil maak

Ontmoet vir Mia

Mia Spies is die bekende gesig wat jy dikwels op televisie sien. Sy is ‘n verslaggewer vir eNuus op KykNET, waar sy daagliks nuusdekking in Afrikaans aan plaaslike gebeure gee. Sy is ‘n mense-mens wat graag saam met ander lag en huil. Behalwe vir haar liefde vir mense, is sy ook dol oor alles op vier voete, veral honde en perde. In haar vrye tyd lees, skets en stap sy graag. Sy sê wat haar lewe die moeite werd maak, is die feit dat sy elke dag haar werk kan doen in háár taal, en dat sy daarmee ‘n positiewe verskil in die land kan maak.

Vyf belangrike dinge in haar lewe

  1. Om ‘n verskil te maak. “Landsburgers moet besef dat elkeen ‘n verskil kan maak, van iets klein soos om ‘n stuk rommel op te tel, tot jou kruisie trek in die verkiesing.”
  2. Goeie maniere. Vir haar is die mooiste woorde in Afrikaans “asseblief” en “dankie”.
  3. As geregtigheid geskied. Sy volg dikwels maande aaneen hofsake en dit gee vir haar as joernalis afsluiting as geregtigheid seëvier.
  4. Haar familie. Sy is deel van ‘n gehegte laslappie-familie. ‘n Familievakansie in die Bosveld is vir haar ‘n manier om haar batterye te herlaai.
  5. Diere! Mia is ‘n groot diereliefhebber en voorstander daarvan dat mense troeteldiere by skuilings aanneem.

Wat maak Afrikaans vir haar #onmisbaar?

“Ek ag myself as ‘n storieverteller, omdat ek daagliks ander se verhale met die wêreld deel. Afrikaans is dikwels die skakel wat ek met nuusmakers het sodat hulle in die gemak van hulle eie taal teenoor my kan oopmaak. Afrikaans laat my toe om ander se lief en leed sensitief, beskrywend en met die nodige impak, oor te vertel.”

Volg haar

Facebook: @spiesmia

Instagram: @miaspies