Marlie Coetzee: Sy leef voluit

Ontmoet vir Marlie

Met ’n MBA as deel van haar arsenaal, is Marlie goed toegerus vir haar taak as die nuwe Uitvoerende Direkteur van VivA (Virtuele instituut vir Afrikaans).

Marlie en haar man het die afgelope drie jaar so saam-saam hulle MBA’s  verwerf en vir Marlie was dit meer soos ’n stokperdjie, want wanneer ’n mens dié graad aanpak, is daar maar min tyd vir ontspan.

Hulle harde werk en toewyding is beloon toe hulle MBA-groep die Aspen-trofee ontvang het vir die toppresteerders in Strategiese Bestuurstoepassing.

Hierdie projek was vir al die lede van die span ‘n passie-projek, juis omdat hulle weens hulle passie vir Afrikaans, die Aardklop Kunstefees as gevallestudie gebruik het.

Marlie is ‘n baie dinamiese persoon  en dit is duidelik uit haar beskrywing van haarself: “YOLO (You only live once) gee vir my FOMO (Fear of missing out) en juis daarom is ek iemand wat probeer om voluit te lewe.”

Hoe lyk haar Afrikaans?

Afrikaans is nie vir haar bloot ‘n taal nie, maar ‘n leefwyse propvol verskeidenheid. Wat Afrikaans vir haar #onmisbaar maak, is die feit dat dit die taal is waarmee, waarvoor en waarin sy werk.

Vyf dinge wat waarde tot haar lewe toevoeg:

  1. Geloof: Sy beskou alles wat sy het as genade, met wonderwerke en seën van bo. Die Here is haar anker en stel haar in staat om ‘n lewe in oorvloed te kan lei.
  1. Familie: Hulle ondersteuning, liefde, saamlag en saam huil is vir haar lewensverrykend.
  1. Lekker lag: Sy is oortuig dat dit lag is wat jou jonk hou en boonop laat dit ‘n mens goed voel, dit verlaag jou stresvlakke en dis boonop gratis!
  1. Lekker kos: Braaibroodjies is bobaas en blaarslaai … iets waarvoor die lewe te kort is. Vir haar is ‘n braai met braaibroodjies, goeie geselskalp en samesyn ‘n weeklikse instelling.
  1. Goeie musiek: Soms lê die konneksie in die melodie en soms in die lirieke. Haar top vyf is Frank Sinatra, Karen Zoid, Michael Jackson, Jak de Priester en Sia.

Kyk ook hier …