Juanli Theron se Afrikaans is die skoon doek waarop al die ander spatsels kleur van haar lewe geverf word

Juanli Theron: Haar filosofie is Spel reg, sit mooi, en lag lelik

Ontmoet vir Juanli

Juanli, wat in Stellenbosch woon, is die hoof van Tolkdiens by die Taalsentrum van die Universiteit Stellenbosch. Sy is ook die stigterslid, direkteur, skrywer en “woordwysneus” by “Die Naguilklub”, ’n Afrikaanse sosialemedia-groep. In haar vrye tyd lees, skryf en fliek sy graag. As sy haarself in een sin moet opsom? “My lewensfilosofie som dit waarskynlik die beste op: Spel reg, sit mooi, en lag lelik.” Die liefde van haar gesin maak haar lewe die moeite werd.

Vyf dinge wat waarde tot haar lewe toevoeg:

  1. “Om mense in my lewe te hê wat vir my lief is, maar ook die voorreg van mense om voor lief te wees.”
  2. “Opregte, eerlike, openhartige lojaliteit aan die waarheid is die belangrikste dryfveer vir openlike kommunikasie en verhoudingbou.”
  3. “Noodsaaklik vir myself en ander menslike mense.”
  4. ’n Sin vir humor. “Iets om oor te lag, elke dag. Al is dit net vir myself.”
  5. “Ek kry deesdae so min daarvan (met twee kleuters) dat ek soms daaroor dagdroom, so dit moet sekerlik vir my krities belangrik wees.”

Wat maak Afrikaans vir haar #onmisbaar?

Sonder Afrikaans sou haar kulturele ervaring en haar konsep van wie sy in hierdie wêreld gevorm is om te wees, soveel armer gewees het. Haar moedertaal is die anker waaraan soveel verskillende aspekte van haar identiteit geheg is dat sy haarself nie ’n kleurvolle lewe daarsonder sou kon indink nie.

Haar projek

Sy is ’n stigterslid, direkteur en skrywer by “Die Naguilklub”. Sy is ook ’n blogger met ’n Afrikaanse platform en lesers wat keurige kommunikasie in hul moedertaal prioritiseer: https://www.facebook.com/Juanliblog/

Volg Die Naguilklub:

(Facebook icon) @dienaguilklub

(Instagram icon) @dienaguilklub