Johan Jansen van Vuuren: ’n Hartklop vir die lewe

Aangename kennis

Johan Jansen van Vuuren se kreatiwiteit het vroeg reeds kop uitgesteek en hy was nog op skool toe hy sy eerste radiostasie begin het. Hierdie dinamiese jong man met ’n hartklop vir die lewe het tydens sy skooljare uitgeblink as redenaar en velerlei ander kulturele aktiwiteite waaronder die Voortrekkers. Johan was hoofseun aan Goudveld Hoërskool in Welkom en daarna het hy Ondernemingsbestuur studeer aan die Universiteit van die Vrystaat. Tans is Johan die Projek- en Kommunikasiebeampte by die FAK. Hy lewe volgens Albert Einstein se wysheid dat verbeelding baie meer werd is as kennis.

Vyf kitsfeite oor Johan:

  • Stokbrood, braaivleis, biltong, warm sjokolade, rooiwyn en die musiek van Jak de Priester is maar ’n paar dinge waarmee jy hom kan omkoop.
  • Johan geniet dit om op reis te wees en in ’n ander stad of land te gaan kuier tussen vreemde kulture en tale.
  • Hy hou van mense. Hy hou van kleurvolle mense. Hy hou van kleurvolle kreatiewe mense maar bowenal hou hy van kleurvolle kreatiewe Afrikaanse mense.
  • Johan geniet dit om soms die stoute skoene aan te trek.
  • Johan sien kans vir die uitdaging om ’n wonderwerk in 48 uur te laat gebeur.

Hoe voel hy oor Afrikaans?

Die hartklop van Afrikaans gee hom koue rillings. Hierdie hartklop vind hy in Afrikaanse musiek, boeke, poësie, kunste en Afrikaanse mense. Dis vir hom heerlik om homself in sy eie taal te kan uitdruk.

Johan se projek

Deur sy werk as Projek- en Kommunikasiebeampte by die FAK bevorder hy Afrikaans op ’n daaglikse basis met kleurvolle en dinamiese projekte. Dit sluit die Afrikaanse Skole-Ekspo, Gedigtekompetisies, Afrikaanse musiek, feeste en so meer in. Hy is ook betrokke by Bioskoopfilms wat webisodes vir nuwe Afrikaanse rolprente vervaardig.

Maak gerus kontak:

Besoek: https://www.facebook.com/Bioskoopfilms 

https://www.instagram.com/die.fak/

Instagram: https://www.instagram.com/johanalbertjvv/
johan@fak.org.za