Gert van Tonder: ’n Lewenslange bydrae tot Afrikaanse musiek

Aangename kennis

Gert van Tonder, wat op ’n klein bosboustasie tussen Knysna en George grootgeword het,het oor meer as vyftig jaar’n besonderse bydrae tot die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf gelewer. Terwyl Gert in 1963 by die SAUK in Durban gewerk het, het hy vir Sias Reinecke ontmoet.Toe Gert later na Johannesburg verplaas is, is Groep Twee gebore. Benewens treffers soos, “Die Padda wou gaan opsit” en “Dink jy darem nog aan my?”, was “Daar is niks soos ware liefde”, Gert en Sias se heel grootste treffer en ’n allemintige 93 000 kopieëvan die kortspeler is verkoop. Die sanggroep het, met ’n kort onderbreking, tot 1977 bestaan waarna hul paaie geskei het. Gert was 12 jaar lank medeaanbieder van die gewilde kinderprogram, Wielie Walie. Hy het deur die jare verskeie plate en CD’s met kinderstories en -musiek opgeneem entree steeds op. Op die oomblik werkhy aan ’n CD met nuwe Afrikaanse liedjies. In 2008 is Gert by Huisgenoot-Skouspel vir sy lewensbydrae tot Afrikaanse musiek bekroon.

Hoe lyk sy Afrikaans?

Een ding wat Gert nie kan verdra nie, is Afrikaans wat met Engels deurspek is. Hy het groot waardering vir enigeen wat die taal mooi en suiwer praat.

Hoe leef hy in Afrikaans?

Waar Gert ookal kom, praat hy Afrikaans. Daar is genoeg Afrikaanse boeke, koerante en tydskrifte by die huis en hy kyk graag na Afrikaanse televisieprogramme. Gert hou ook van Afrikaanse teater en ondersteun graag Afrikaanse kunstefeeste.

Gert se projek:

Waar Gert ookal kom, praat hy Afrikaans. Daar is genoeg Afrikaanse boeke, koerante en tydskrifte by die huis en hy kyk graag na Afrikaanse televisieprogramme. Gert hou ook van Afrikaanse teater en ondersteun graag Afrikaanse kunstefeeste.

Maak gerus kontak:

Stuur ’n e-pos aan gert.groep2@gmail.com