Gerswin Cupido: Hy wil jong mense bemagtig

Ontmoet vir Gerswin

Gerswin, wat in Albertinia woon, is ‘n jeugwerker, aktivis en die Programme- en Kantoorassistent by die SBA (Sigbaar Afrikaans). In sy vrye tyd sing hy graag  en werk met die jeug. Hy is baie passievol oor sy geloof en oor sy lewe en sê dat God die lewe vir hom die moeite werd maak, want “Dit is die Een wat my elke môre laat opstaan en die mooi in die lewe laat sien”.

Vyf dinge wat waarde tot sy lewe toevoeg

  1. Toe hy in graad 7 as jeugleier in Hessequa begin werk het.
  2. Hy is die eerste kind in sy familie wat matriek voltooi het.
  3. Hy het in graad 8 sy eerste musiekblyspel gedoen. Dit was “All Shook Up” van Elvis Presley.
  4. Toe hy in 2015 ‘n erepenning by die Afrikaanse Taalraad vir gemeenskapsbetrokkenheid, onder meer vir geletterdheidsbevordering en sportontwikkeling, ontvang het.
  5. Sy passie vir musiek en dans.

Wat maak Afrikaans vir Gerswin #onmisbaar?

“Die feit dat ek ander jongmense kan bemagtig en kan motiveer in Afrikaans en so ‘n verskil kan maak orals waar ek gaan.”

Sy projek

Hy bestuur tans jeugprojekte in Hessequa waardeur hy jeugdiges in hulle moedertaal bemagtig deur ontwikkeling van sang, dans en vele meer. Hy is ook betrokke by projekte in sy hoedanigheid as werknemer van die SBA. Hierdie projekte is daarop gemik om leerders en onderwysers deur Afrikaans te bemagtig.

Volg hom

Facebook: @GerswinCupido

Instagram: @gerswincupido