Elizabeth Kendall: Die natuur inspireer dag vir dag

Aangename kennis

As plaaskind het die natuur ’n onlosmaaklike deel van Elizabeth Kendall se lewe geword. Vandag put sy steeds elke dag haar inspirasie, vreugde en vrede uit God se skepping. Ná matriek het sy aan die Heidelbergse Onderwyskollege en NKP studeer en in 1969 in Barberton begin skoolhou. Sy het later ook ’n BA- en BEd- graad aan Unisa behaal. Benewens die hoër- en laerskole waar sy skoolgehou het, het sy ook klas gegee by die Universiteit van Venda, Ndaleni Opleidingskollege in Natal en Amanzimtoti Zoeloe Opleidingskollege. Na 36 jaar in die onderwys het sy in 2009 uitgetree en haar voltyds toegespits op haar ander belangstellings: skryf, die neem van foto’s en skilder. Sy is steeds dankbaar vir haar Afrikaans-onderwyser wat op skool van haar opstelle hardop vir die klas voorgelees het. Hy het beslis as inspirasie gedien om vandag steeds te skryf. Elizabeth woon in Bronkhorstspruit. Sy is tans, ná vier jaar van voorsitterskap, skakelbeampte van Van Riebeeck VLU-tak in Bronkhorstspruit.

Hoe lyk haar Afrikaans?

Elizabeth se Afrikaans is vasgeskryf in elke dag se lewe. Sy praat graag Afrikaans. Dis vir haar belangrik om nie haar taal te veel te meng nie. Sy is besonder trots op ons taal. As iets wonderlik, verruklik of uniek is, hoekom sal jy wil sê dit is “awesome”? wonder sy.

Hoe leef sy in Afrikaans?

Sy probeer altyd meer te wete te kom van ou spreekwoorde, uitdrukkings en betekenis van woorde wat dalk nie in vandag se tyd so baie gebruik word nie. Vir Elizabeth is dit heerlik om by enige geleentheid voorlesings te doen.

Haar projek:

In 2010 het Elizabeth ’n digbundel Huppel op die Hoogland uitgegee (ISBN 978-0-620-46975-3). Elizabeth is ook aktief bedrywig en woeker in ’n paar blogs waarin haar kunswerke en foto’s gesien kan word. Dit sluit die volgende in:

www.redbubble.com/people/happyart (RedBubble)
www.paintingsilove.com/artist/elizabethkendall (Paintings I love)
www.southafricanartists.com (South African Artists.com)
colourstodreamfrom.blogspot.co.za (Lizzie loves painting!)

Van haar skryfwerk deel sy op
RedBubble: www.redbubble.com/people/happyart/collections/5164-afrikaans-essays-en-po-sie
Speel-speel: prentjiepret.blogspot.co.za
Kreatiewe Joernaal: elizabethkendall-kreatiewejoernaal.blogspot.co.za
Stories uit my skooltas: skooltasstories.blogspot.co.za

Maak gerus kontak:

Stuur ’n e-pos aan ekendall1402@gmail.com