Danneline Ramsden:
Afrikaans kleur haar storiewêreld in

Ontmoet vir Danneline

Danneline is bekend as die Namakwa daisy van die Afrikaanse storievertelwêreld waar sy as woordkunstenaar op unieke manier haar staaltjies van o.a. Kommagas (die dorpie waar sy vandaan kom) met die wêreld deel.

Sy is tans ’n  deeltydse ontvangsdame, projekte en Noord-Kaap administrateur van die Verenigende Christen-Studentevereniging van Suid-Afrika (VCSV). Deel van haar take is  om ’n nuwe generasie te lei in ’n nuwe leefstyl in Christus.  Hierdie programme ondersoek en hanteer sosiale kwessies wat jongmense raak.

Danneline behoort aan die Amateur-Skrywersbond (ASB) en is ‘n lid van die ATKV se Suurbraak-tak. Vier van haar verhale is al gepubliseer.

Sy is op haar gelukkigste wanneer sy saam met ’n brou in haar hand met vriende en familie kuier, of sommer net met haar neus in ‘n boek is of televisie of ’n ‘n fliek kyk.

Sy beskou haarself as ‘n borrelende, lewenslustige, bondeltjie liefde.

Hoe lyk haar Afrikaans?

Afrikaans is vir haar nie soos ‘n hanslam nie, maar soos ‘n kind wat sy self geborsvoed en grootgemaak het.

Iets wat waarde tot haar lewe toevoeg

Die een waardevolle toevoeging tot Danneline se lewe is mense wat eerlik en opreg is.

Sy beskou die Here, asook haar familie en vriende, as ‘n voorbeeld van onvoorwaardelike liefde. Om te kan uitreik na weerlose mense, veral bejaardes en kinders, is vir haar lewensverrykend.

Volg haar