Daniëlla van Heerden: Op soek na ’n nuwe avontuur

Ontmoet vir Daniëlla

Jy het haar waarskynlik al op die kassie gesien waar sy foutloos en professioneel vir eNuus op kykNET as ‘n nuusleser en verslaggewer optree, maar agter hierdie stylvolle persoon, is sy gewoon net die positiewe, nuuskierige, vriendelike sproetgesig wat altyd op soek is na ‘n nuwe avontuur.

Ook bekend as Miss Bargainista, gee Daniëlla uiting aan haar kreatiwiteit en avontuurlustigheid op haar modeblad waar sy wys hoe om sakpasuitrustings bymekaar te sit en te kombineer.

Wanneer sy tussen nuuslees en haar modeblad van uitrustings verwissel, is die volgende uitrusting gewoonlik oefenklere. Daniëlla geniet dit om perd te ry, te draf of oefenklasse by te woon.

Sy beskou haar geliefdes (man, familie, vriende en honde) as die mense wat haar lewe die moeite werd maak.

Hoe lyk haar Afrikaans?

Sy beskou haar Afrikaans as die uitrusting waarin sy in Suid-Afrika tussen haar medelandsburgers rondbeweeg.

Wat Afrikaans vir haar #onmisbaar maak? Die sprekers van die taal.

Vyf dinge wat waarde tot haar lewe toevoeg:

  1. Manlief: Hy is haar beste vriend wat in haar glo en maak als selfs lekkerder en beter.
  1. Familie en vriende: Hulle is haar steunbasis wanneer dit baie goed en baie sleg gaan.
  1. Beroep: Joernalistiek en mense se stories het haar lewe ten goede verander en haar help vorm.
  1. Woorde: Kommunkasie is haar brood en botter en sy is al van kleins af ‘n boekwurm, daarom maak boeke, stories, prentjies en staaltjies haar opgewonde.
  1. Afrikaans! … dis haar moedertaal.

Volg haar:

Kry wenke by haar vir sakpasuitrustings:

Foto-bron: Facebook (Cornél van Heerden)