Christiaan J de Swardt: Geesdriftige woordeskepper

Ontmoet vir Christiaan

Christiaan J de Swardt is ‘n kunstejoernalis, resensent en rubriekskrywer. Hy beskryf homself as ‘n onverskrokke letterslet, geesdriftige woordeskepper en ‘n nimmereindige alfabetdelfer. Sy stokperdjies is kuns, houtwerk en om kreatief te verkeer. Sy talent en troeteldiere maak sy lewe die moeite werd.

Vyf dinge wat waarde tot sy lewe toevoeg

  1. Talent wat hy eerlik en gefokus kan ontgin en waarmee hy spontaan in Afrikaans kan woeker.
  2. Instink waarmee hy keuses – hoewel nie altyd die regte keuses nie – kan maak.
  3. Spiritualiteit wat hom lei, verryk en beskerm.
  4. Verandering wat verantwoordelik en aanspreeklik, vryheid, gelykheid en aanvaarding vir álmal skep.
  5. Diere wat hy kan versorg, vertroetel en liefhê en wat hul onvoorwaardelike liefde met hom deel.

Wat maak Afrikaans vir hom #onmisbaar?

“Dit is die taal wat ek die beste ken.”

Volg hom

Instagram: @christiaanjdeswardt