Carike Jacobs: Advokaat met ’n liefde vir woorde

Aangename kennis:

Carike Jacobs, ’n advokaat van Kempton Park, is op haar gelukkigste wanneer sy die bekoring  van die natuur ervaar, uit haar maag uit lag saam met vriende of sukses  in haar beroep behaal.

Sy beskryf haarself as ’n “kleurpalet” wat graag die swart en wit van die lewe uitdaag. As sy haar nie in die teater bevind of haar verloor in haar skryfwerk nie, geniet sy dit om aktief te bly en die adrenalien te laat pomp.

Dit is die klein dingetjies in die lewe, die alledaagse, wat haar motiveer – die natuur, om te skryf, lekker kos te eet en ’n wyntjie te geniet. Sy glo dit is die gom wat mense bymekaar hou, die bederf van ons bestaan.

Tesame hiermee, vind sy haar anker in haar familie. Hulle bly ’n konstante in haar lewe en bied altyd ’n herinnering van waar sy vandaan kom. Buiten haar familie het sy ook ’n reddingsboei gevind in haar geloof. Daarsonder is sy bloot ’n swerwer sonder doel.

Hoe lyk haar Afrikaans?

Carike sê sy gebruik Afrikaans om haarself uit te druk, sonder om te oordink. Of dit in haar skryfwerk of haar daaglikse omgang met ander is, Afrikaans is die taal waarin sy lééf.

Hoe leef sy Afrikaans?

Afrikaans is die taal waarin sy verlief raak, swets, klets en kerm. Vir haar draai Afrikaans nie doekies om nie. Die taal is nie aansitterig nie, dit kies en keur nie en maak altyd plek vir almal.

Maak gerus kontak:

Stuur ’n e-pos aan carikej88@gmail.com

Facebook: Carike Jacobs

Instagram: @carikejacobs