Annelien van Basten: Droomtaal

Ontmoet vir Annelien

Annelien is ‘n vryskutskrywer en taalkundige, wat gereeld artikels skryf vir Afrikaans.com. Haar stokperdjies sluit in lees, skryf (natuurlik), om na musiek te luister, asook om te gaan fliek. Haar man, ouers, dierekinders, familie en vriende maak haar lewe die moeite werd. As sy haarself in een sin moes opsom is dit: “Hardwerkend, lojaal, doelgerig en opreg.”

Vyf dinge wat waarde tot haar lewe toevoeg

  1. Haar man, familie en vriende. Hulle is haar ondersteuningsnetwerk, asook hartsmense.
  2. Die vier dierekinders in haar huis, want hulle is ongekompliseerd en hulle liefde is onvoorwaardelik.
  3. Afrikaans, want dit is die taal waarin sy haarself uitleef.
  4. Geloof. Daarsonder kan niks bestaan nie en is daar geen hoop nie.
  5. Skryf. Dis haar hoofbron van inkomste en die beste sielkundige wat daar is

Wat maak Afrikaans vir Annelien #onmisbaar?

“Afrikaans is onlosmaakbaar deel van wie ek is. Dit is die taal waarin my hart klop en waarin ek opreg net myself kan wees.”

Haar projek

Annelien werk hoofsaaklik in die Afrikaanse mediabedryf en vermaak en dit is haar passie. Sy is ook van die begin af betrokke by die Afrikaanse trouplatform, www.troukoors.co.za

Volg haar

Facebook: @annelien.noltevanbasten