Jak de Priester: Die man agter Sally Williams Nougat

Aangename kennis

Baie van ons het hom leer ken vir liedjies soos Groen Mamba en as die hartebreker van die treffer, Sally Williams Nougat. Oor die afgelope paar jaar het die naam Jak de Priester ’n tuiste gekry op die lippe van talle Afrikaanssprekendes. Hierdie sanger, skrywer en televisie-aanbieder met sy unieke styl, beskryf homself as ’n kreatiewe mens wat baie kunstig na die wêreld rondom hom kyk.

Nadat hy in 2003 as wenner van die ATKV-Crescendo-kompetisie weggestap het, het sy loopbaan opnuut vlam gevat. Sedertdien is hy ook te sien as aanbieder van die kykNET-program Reis na Gister waar hy die geleentheid gehad het om bekendes te vergesel op ’n terugreis na hul verlede. Jak het ook al sy stempel afgedruk as digter en skrywer. In 2005 het sy eerste digbundel, Heuning in die mond, die lig gesien waarna hy sy eerste boek, Brood, in 2010 vrygestel het. Verder is hy ook die skrywer van die bekende rubriek, “Pa se Stem”, vir die tydskrif Baba & Kleuter.

As hy nie op die verhoog is nie, geniet hy dit om tennis te speel, films te kyk of te skilder.

Wat maak Afrikaans vir hom onmisbaar?

ALLES. Dis sy MOEDERtaal. Jak beskryf Afrikaans as die taal van sy hart en siel. Dit is die taal waarin hy leef, bid en sy kinders liefhet.

5 belangrike dinge in sy lewe:

  1. Kuns – dit roer hom.
  2. Musiek – dit is sy hele lewe.
  3. Tennis –dit is sy passie.
  4. Gesinslewe – dit anker hom en leer hom van liefde.
  5. Reis – dit verbreed sy visie.

Maak kontak

Twitter: @jakdepriester

Facebook: @jakdepriester

Webtuiste: www.jakdepriester.co.za