Beskermhere/-vroue

Afrikaans.com se beskermhere en -vroue is voorlopers op hul gebied en dien as aansporing en inspirasie ter viering van Afrikaans se eiesoortigheid, inklusiwiteit en nut.

Vertel ons waarom Afrikaans vir JOU #onmisbaar is in jou lewe en deel dit met die hutsmerk #onmisbaar op sosiale media of stuur vir ons ‘n WhatsApp-foto of -stemboodskap by 064-652-6873. Onthou om jou naam en van waar jy is, by te voeg.

ONTHOU – dit is Moedertaalmaand by Afrikaans.com. Gebruik die hutsmerk #onstaal en laat weet ons hoe moedertaalonderrig bygedra het tot jou sukses!