Ambassadeursprojekte

Francois Meyer is ‘n Ambassadeur vir Afrikaans

Om op die ouderdom van 23 reeds drie gepubliseerde Afrikaanse digbundels en een prosawerk op die rak te hê, getuig van deursettingsvermoë en talent. Francois Meyer, ’n jong digter en skrywer van Bloemfontein. Francois werk hard om met verskillende veldtogte, motiveringspraatjies en sy eie kreatiewe skryfwerk ’n verskil in mense se lewens te maak.

Simon Witbooi is ‘n Ambassadeur vir Afrikaans

Hy is bekend as Hemelbesem, ’n Afrikaanse rymkletser en televisie-aanbieder. Hy is betrokke by die Universiteit Stellenbosch se W.O.W. (Woorde open Wêrelde)-projek en lê jaarliks saam met ander skrywers besoek af by skole regoor die Kaap en Noord-Kaap waar kinders aangemoedig word om in Afrikaans te droom.

Sinki Mlambo is ‘n Ambassadeur vir Afrikaans

Sinki Mlambo is ’n kommunikasiebestuurder by Revlon waar sy in ‘n oorwegend Engelse industrie brûe bou deur Afrikaans. Sy is voltyds besig met bemarking van nuwe produkreekse en strategiese beplanning, maar sy is ook aktief betrokke by die Afrikaanse Taalraad waar sy op die direksie dien. Sy is dol oor Afrikaans en sê dis veral die kr-klank wat so lekker van jou tong af rol.

Neem ’n prettige foto wat jou wese uitbeeld en deel dit op sosiale media met die hutsmerk #onmisbaar of stuur vir ons ’n WhatsApp-foto of -stemboodskap by 064-652-6873. Onthou om jou naam en van waar jy is, by te voeg.

JOU taal maak dit vir jou moontlik om te wees wie jy is. Neem sommer self ‘n foto of stuur daardie stemboodskap. Jy hoef nie ‘n toespraak voor te berei nie – net ‘n sin of twee, jou naam en watter geweste jy is.

Koester jou hartstaal!