Banier

Oasis Club Learning  is baanbrekers en spesialiste wanneer dit by vroeëkinderontwikkeling (VKO) kom. Hulle fokus is op die onderrig van kinders, vanaf voorskool tot aan die einde van die grondslagfase. Afrikaans.com het met hulle hande geneem om ‘n volledige 40 week lange kleuterkurrikulum vir peuters 2 tot 4 jaar, sowel as graad pre-R en R gratis beskikbaar te stel. Die ontwikkelaars is Yolandi van den Heever en Sophie Breytenbach.

Oasis Club se benadering glo in leer deur beweging en die konkrete benadering tot moeilike en nuwe konsepte. Kinders ontwikkel elkeen teen ‘n unieke pas en het elkeen hulle eie uitdagings. Met hierdie materiaal wil ons jou graag bemagtig om jou eie kind (of jou klas) hierin by te staan.  Alhoewel hierdie materiaal gratis beskikbaar gestel word, bied Oasis ook ‘n verskeidenheid betaalde materiaal en kursusse. Besoek gerus hul webtuiste.

Voor jy begin – gebruik van die materiaal.

Onderwysershandleiding – beplande 40 temas vir die jaar. Klik hier.

Lys van voorgestelde materiaal en  benodighede (hiervoor het ons sover moontlik items wat alledaags beskikbaar is probeer kies). Klik hier

Video’s oor die dagprogram – hierdie reeks deur die Afrikaanse Onderwysnetwerk verduidelik die nut en oordrag van verskillende elemente binne die dagprogram. Klik hier.

Kwartaal 1 – volledige gratis weekplanne met werkboek (aflaaibaar) – Graad pre-R en R
Week 1: Ek en die skool
Week 2: My Lyfie
Week 3: My sintuie
Week 4: Ek leef gesond
Week 5: Dis my familie
Week 6: Hier bly ek
Week 7: Die mense wat my help
Week 8: Mense wat kunstenaars is
Week 9: Sport
Week 10: Beroepe
Werksboek 1
Kwartaal 1 – volledige gratis weekplanne met werkboek (aflaaibaar) – Peuters 2 tot 4 jaar
Week 1: Ek en die skool
Week 2: My Lyfie
Week 3: My sintuie
Week 4: Ek leef gesond
Week 5: Dis my familie
Week 6: Hier bly ek
Week 7: Die mense wat my help
Week 8: Mense wat kunstenaars is
Week 9: Sport
Week 10: Beroepe
Werksboek 1