Afrikaans boeke
Facebook-groep - “Kom ons lees weer Afrikaans!”

Facebook-groep: “Kom ons lees weer Afrikaans!”

Met Erfenisdag om die draai is dit gepas om ons taalerfenis en kultuur opnuut te vier. Een van die dinge wat ons kan doen, is om meer Afrikaans te lees.  Ons Afrikaanse skrywers staan nie ’n aks terug vir hulle Engelse en oorsese eweknieë nie, trouens talle van ons skrywers…

Lees meer
Om ‘n boek die lig te laat sien

Om ‘n boek die lig te laat sien

Alita Steenkamp vertel … Baie mense droom daarvan om ‘n boek op die rak te kry … maar so ‘n droom kort ‘n plan! Navorsing, ure en ure se bloedsweet, taalversorging, ‘n uitgewer en dan redigering … maar eers moet jy ‘n storie kry om te vertel. Alita Steenkamp vertel…

Lees meer
‘n Unieke versameling kinderstories deur bekendes …Poenankies is hier!

‘n Unieke versameling kinderstories deur bekendes …Poenankies is hier!

Milan Murray “Kanalla”; “woelag”; “dydelik”; “atjar” en “poenankies”. Standaardafrikaans? Vir die kinderboekskrywer, Milan Murray, is dit beslis en só het haar idee vir ’n unieke versameling Afrikaanse kinderverhale begin. “Poenankies – ’n versameling kinderstories deur bekendes”, word in September vanjaar in Kaapstad en by die Aardklop Kunstefees op Potchefstroom bekend…

Lees meer
Hoe publiseer jy jou boek?

Hoe publiseer jy jou boek?

Jy wil graag, of het reeds ’n boek geskryf, maar hoe gemaak om te publiseer? Indien jy jou manuskrip na ’n uitgewer stuur en die uitgewer aanvaar jou manuskrip vir publikasie, behoort dit jou as skrywer niks te kos nie. Die uitgewer is daarvoor verantwoordelik om die boek saam met…

Lees meer
Nuwe e-boeke by digitale uitgewery, My Afrikaans

Nuwe e-boeke by digitale uitgewery, My Afrikaans

My Afrikaans is ’n digitale- uitgewer en multimedia-inhouddiensverlener wat fokus op die internasionale Afrikaanse lesersmark, laer profiel skrywers en klein projekte van gevestigde skrywers. My Afrikaans bied hulp met die volgende: Advies oor hoe om jou e-boek te publiseer. Die verwerking van die manuskrip in e-boekformate soos ePub of mobi. Ontwerp…

Lees meer
’n Lekker lys leesstof vir die jongspan … dis vakansietyd!

’n Lekker lys leesstof vir die jongspan … dis vakansietyd!

(Foto: Annie Spratt, Unsplash) Met die winter wat ons behoorlik in sy ysgreep het, het die tyd vir kaggelvure, warmsjokolade en die winterskoolvakansie nou aangebreek. Om seker te maak die jongspan bly besig (en weg voor die televisie en rekenaar), het Petronell Vorster namens Afrikaans.com die nuutste en lekkerste leesstof gaan uitsnuffel.…

Lees meer
Wat is die 100 gewildste gedigte in Afrikaans?

Wat is die 100 gewildste gedigte in Afrikaans?

Die koerantbylaag By, Leserskring en RSG het saamgespan om die gewildste gedigte in Afrikaans deur die publiek te laat kies – en die 100 gewildste gedigte uit die sowat 1 300 gedigte is benoem! LitNET huisves nou hierdie lys en jy kan gratis gaan lees, vir jou gunsteling stem en so help om hierdie…

Lees meer
Chase Rhys se debuut Kinnes

Chase Rhys se debuut Kinnes

“‘n Character study van kinnes in die war zone vannie Cape Flats. Maa oek veel meer. Baie, baie funny en intensely moving” – Nathan Trantraal Chase Rhys se boek Kinnes het pas die rakke getref. Die storie handel oor vier jong mense op die Kaapse Vlakte wat op die rand van volwassenheid staan.…

Lees meer
Die Nuwe Afrikaanse Makrogids:

Die Nuwe Afrikaanse Makrogids:

’n Naslaangids vir elke huis … in Afrikaans. Afrikaans.com beveel graag Isabel Uys se hulpgids, Die Nuwe Afrikaanse Makrogids, aan – sekerlik een van die nuttigste leergidse ooit. Die eerste uitgawe van die topverkoper het reeds in 1998 verskyn, maar nou is die boek bygewerk en boonop in e-boekformaat beskikbaar. Wat kry jy in die omvattende…

Lees meer